Wat was in daai handsak?

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Suid-Afrikaanse belastingbetalers R235 000 uit die sak gejaag omdat sy geweier het om haar handsak deur ‘n skandeerder op ‘n lughawe in Oslo, Noorweë, te sit, berig die Mail & Guardian.

Nkoana-Mashabane was vroeër dié maand op ‘n staatsbesoek aan die land toe sy geweier het om haar handsak deur die skandeerder te sit.

Sy het haar vlug na haar volgende vergadering in Bulgarye daardeur verpas.

‘n Privaatstraler moes desnoods daarna gehuur word om haar na Bulgarye te neem.

Volgens haar departement het dié voorval belastingbetalers R235 343 gekos.

Die departement het gesê die Weense konvensie bepaal diplomate en hul bagasie mag nie deursoek word nie, en dat die minister – as die land se top diplomaat – reg was om te weier dat haar handsak deursoek word.

“Daar was niks in haar handsak wat nie verklaar kon word nie. Die saak gaan nie oor die inhoud van die bagasie nie. Dit is ‘n saak van beginsel,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, gesê.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae