Dankie Malema

Ek is oor die laaste paar weke gereeld deur vriende gevra oor my opinie rakende die Malema-sage en ander stories rakende revolusie of burgeroorlog.

Om ‘n antwoord te kan gee het ek so bietjie ‘n paar senario’s nagegaan en nou kan ek my mal gedagtes deel. Ek het al baie gesê dat Malema die Boer se vriend is, want hy speel in die langtermyn so reg in ons guns, en hier doen hy dit nou weer.

Malema gaan die ANC skeur, ek kan dit nie anders sien nie. Sou hulle die disiplinêre klagtes laat vaar sal dit steeds nie die skeuring stop nie, dit sal net op ‘n ander plek skeur. Sou hy wel skuldig bevind word en die tugverhoor verloor, sal hy voortgaan op sy eie stoom en die party skeur.

As ek dan nou die laaste verkiesingsyfers so uit die kop onthou, kyk ons na sowat 65% ANC en so iets soos 22% DA, as ons in die verlede na skeurings in partye kyk dan is daar ‘n beslisde hoeveelheid wat tussen die twee verlore gaan, dit kan wissel tussen sowat 6% tot 15% maar op die oomblik baie moeilik om redelik akuraat te bepaal. Dit maak ook nie regtig saak op die oomlik nie.

Faktore wat wel vir my ‘n rol speel is dat daar tussen die aliansievernote ‘n ondersteuning vir Malema se gedagtes maar openlike haat teenoor die persoon, wat gunstig is vir ‘n groter persentasie wat ‘deurvallers’ sal wees.

As die ANC se steun dan eers afneem met so tien persentasiepunte en dit word primêr by die DA getel, dan kan ons sien dat die DA die volgende regerende party kan wees. (Baie geluk aan die Oppenheimers met die meesterstuk, ek sal ‘n briefie van gelukwense laat aflewer vir julle persoonlike versameling)

Bloemfontein is een van die faktore wat die pot kan laat oorkook, en ek sal nie verbaas wees as Motlanthe na die swart jeug vry om steun nie. Die belangrikste is egter dat tweedehandse bande dalk weer waarde sal begin kry, veral die jeugdige groepe sal nie skroom om die intimidasie-faktor te gebruik nie.

Die algemene verval van munisipaliteite gaan ook ‘n rol speel in die leë hande van die huidige ANC-regering voor die bloedorstige skares.

‘n Revolusie is altyd teen ‘n regering, en dus gaan die regerende party geen maklike tye binne nie, hulle eie feesmale met belastinggeld en onvermoë om behoorlike bestuur daar te stel sal deur die gepeupel nie gesien word as ‘n onvermoë van Afrikane om te bestuur nie maar bloot die selfhelp van amptenary, hierdie sal ‘n goeie paar stompies op die vuur sit wat die bestaande regering baie moeilik gaan blus.

Die skepping van meer werksgeleenthede deur regeringsinstansies help niks vir die ekonomie nie, want dit verhoog slegs die las van die belastingbetaler. Dit plaas die regering ook in onvermoë om groter verhogings te gee en sal nog ‘n paar stompies op die vuur plaas.

As ons kyk na die faktore van revolusies dan sien ons dat die ouderdomme van die bevolking samestelling baie daarmee te doen het, sou die groep wat krieties is tot ‘n revolusie is die groep tussen 16 en 29 jaar, sou hierdie groep meer as 40% van enige bevolking uitmaak is die klimaat vir ‘n revolusie baie gunstig, Suid Afrika staan op 63%(van die populasie wat tussen 16 en 29 is) en dus is die kans van ‘n revolusie uitermatig hoog.

Ek sien ‘n revolusie as onvermydelik, dit is nie ‘n vraag of dit sal plaasvind nie maar wanneer.

Die gedagte aan ‘n burgeroorlog word deur verskillende partyeaangeblaas, veral vanaf regeringskant, want om ‘n spesifieke deel van die bevolking te blameer vir hul eie onvermoë is ‘n weerligafleier. Die ongeletterde gepeupel koop maklik in op hierdie gedagte. Om hulle verder te laat glo dat die blankes wel oor die rykdomme beskik wat hulle kan deel vuur hierdie aan.

Elke vorm van burgeroorlog word reeds geveg teen die blankes in Suid-Afrika. Dit is dus nie ‘n vraag of dit sal plaasvind of nie, maar meer wie die uiteindelike wenner sal wees, en hoe die komende revolusie dit sal beinvloed.

Waar laat dit ons? Ek gaan nie met hierdie skrywe die oplossings uitspel nie, dit is in elk geval slegs verdere hipoteses en ek is van mening dat my opinie vir die meeste volksgenote nie so lekker verhaal sal wees nie.

Die belangrikste wat ek wel kan noem is: Neem fisies deel aan die stryd. Moet nie glo aan vinnige oplossings nie, dit gaan nie gebeur nie Ons moet ‘n ontsettende groot volksaanwas hê, ten minste vyf tot ses kinders per vrou.

Gee werk aan volksgenote, om dit vir hulle moontlik te maak om hierdie kinders groot te maak. Stuur jou kinders na volkseie skole.

Данильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae