Zille moet bedank

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die bekendmaking van die Openbare Beskermer se verslag die week met bevindings oor wanbestuur en ongerymdhede in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit in Gauteng,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng, gesę.

Die VF Plus het reeds in April 2009 tydens ‘n mediakonferensie inligting oor korrupsie aan die media beskikbaar gestel en in November 2009 ‘n ondersoek daarna deur die Gautengse LUR vir plaaslike regering aangevra.

Volgens Mulder was die leier van die DA, me. Helen Zille, minstens sedert Januarie 2009 bewus van bewerings van ernstige korrupsie in Midvaal nadat mnr. Kobus Hofmann, toe ‘n burgemeesterskomiteelid vir Midvaal, sy besorgdheid oor korrupsie in die munisipaliteit aan haar openbaar het en sy ten spyte daarvan telkens tydens die parlementęre verkiesingsveldtog van 2009 en die plaaslike regeringsverkiesing van 2011 na die skoon administrasie van die DA in Midvaal verwys het.

Helen Zille, James Selfe, Ryan Coetzee en ander senior DA-leiers het telkens ontken dat daar enige vorm van korrupsie in Midvaal is ten spyte van talle ooglopende bewyse. Die VF Plus het ingegryp nadat talle inwoners van Midvaal die party genader het om hulp omdat hulle deur die DA-raad benadeel is.

Zille het selfs in die Volksblad van 21 Augustus 2011 ontken dat sy Hofmann ken en James Selfe, toe die voorsitter van die DA se Federale Raad, het aan dieselfde media gesê dat hy nie bekommerd is oor die aantygings nie en dat dit herinner aan iets uit ‘n Monty Python fliek, nadat Hofmann ‘n klag van regsverydeling teen Zille en ander DA-leiers by die Meyerton polisie aanhangig gemaak het.

Die omstrede leier van die DA in Midvaal, mnr. Andre Odendaal, het na die bewerings van DA-korrupsie in die openbaar boonop gedurende Februarie 2010 ‘n lasteraksie teen mnr. Corrie Pypers, VF Plus-raadslid in Midvaal, mnr. Kobus Hofmann, fluitjieblaser en mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng begin.

“Die DA en ANC is twee teenkante van dieselfde munt en die tyd sal leer dat die DA-beheerde Midvaal waarskynlik die mees korrupte munisipaliteit in Suid-Afrika is,” het Mulder gesę. Helen Zille, James Selfe, Ryan Coetzee en Martie Wenger is gevolglik medepligtig aan hierdie korrupsie omdat dit deurgaans onder hul aandag gebring is, hulle dit ontken het en versuim het om daarteen op te tree.

Die DA het die kieserspubliek herhaaldelik mislei en kan gevolglik geen geloofwaardige alternatief vir die ANC wees nie. Die DA eis telkens die bedanking van korrupte ANC-amptenare en daarom eis die VF Plus dat Helen Zille en elke DA-amptenaar wat by die korrupsie in Midvaal betrek word, bedank.

Александр Фильчаков

DA verander nog ‘n straatnaam

Nog ‘n politieke aktivis gaan vereer word wanneer ‘n bekende Kaapstadse straat vanoggend na haar vernoem word.

Die burgemeester van die stad, Patricia de Lille, sal Western Boulevard se naam amptelik na Helen Suzman Boulevard verander.

Wyle Suzman het 27 eredoktorsgrade van universiteite wêreldwyd ontvang. Sy is twee keer vir die Nobelvredesprys benoem en het talle toekennings van godsdienstige- en menseregte organisasies regdeur die wêreld ontvang.

Kaapstad se Eastern Boulevard is vroeër vanjaar na oud-president Nelson Mandela vernoem.

Dié straatnaamverandering kom na openbare kritiek op die DA se nuwe veelrassige rigting deur die liberale kommentator RW Johnson “The DA: In victory, defeat?”, (Oktober 13 2011), wat die liberale tradisie as vrye onderneming, konstitusionalisme, gelykheid voor die reg, en individuele regte en vryhede tipeer en ook as ‘n wit instelling.

Johnson impliseer dat ‘n verbintenis tot hierdie beginsels alleen die enigste waarborg vir die liberalisme in die toekoms sal wees.

Die bruin dr. Wilmot James, DA-LP en Helen Zille se regterhand, het skerp op Johnson se kritiek gereageer en die onderlinge rassestrominge in die party vir die soveelste keer belig.

Johnson het in sy betoog ook SEB bevraagteken, tot Wilmot se ontsteltenis.

Volgens James ignoreer Johnson die belangrike verwikkelinge oor die afgelope 40 jaar in die liberale dampkring, “waar die klem op maatskaplike geregtigheid en ontwikkeling as vryheid geplaas is, en verontagsaam die plaaslike konteks waarin Suid-Afrikaanse liberalisme bedryf word”.

James het in antwoord op Johnson gesê die liberale tradisie het ‘n lang geskiedenis in die vermindering van rasgedrewe armoede.

Johnson verwys in sy stuk na die “beter opgeleide en talentvolle … Angelsaksiese wittes” wat die liberale tradisie in Suid-Afrika onderskraag.

Volgens James is “ander” – bedoeldende “ander rasse” – se politieke kultuur en erfenis “dikwels baie anders as dié van die Johnson se ietwat nostalgiese weergawe”, en iets wat tot die verlede behoort.

 

Фільчаков прокурор

Geweld breek uit by Brits

Geweldadige protesoptogte het by Letlhabile naby Brits in Noordwes uitgebreek met inwoners wat paaie versper en brande stig.

Hulle eis ‘n verduideliking van die munisipaliteit waarom die watertoevoer na die township sedert Saterdag onderbreek is.

Die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit se tegniese direkteur, Monde Juda, sê die probleme het ontstaan vanweë ‘n gebarste pyp.

Hy sê tegnici werk tans aan die probleem en die watertoevoer behoort teen vanmiddag herstel te wees. Die polisie monitor intussen die situasie.

Verlede week het inwoners van Oukasie, ‘n lokasie net buite Brits, gewelddadige en onwettige betogings oor swak dienslewering gehou.

Hulle het paaie versper en glo ‘n gepantserde polisievoertuig met ‘n petrolbom aangeval.

Die oproer het losgebars nadat die Madibeng-munisipaliteit versuim het om te reageer op ‘n memorandum van eise.

‘n Munisipaliteitwoordvoerder het gister ontken dat die inwoners se eise nie aangehoor word nie.

Фильчаков прокуратура харьков

‘God kies kant van Palestyne’

Die lyding wat Israel vir Palestyne veroorsaak toon aan dat die Jode die Skrif vergeet het, het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu Saterdag gesê.

“Hulle het hulle eie geskiedenis vergeet. Hulle het vergeet wat hulle eie profete oor ons God gesê het,” het Tutu in sy openingsrede aan die Internasionale Russell-tribunaal oor Palestina gesê.

“Ons aanbid ‘n God wat van nature omsien na die wat ly, die wat onder is, die wat swaarkry… God is altyd aan die kant van die wat onderdruk word. In die Heilige Land is die Palestynse mense die mense wat ly.”

Tutu het gesê dit hinder hom dat ‘n groep mense wat self gely het, nou vir ander lyding kan veroorsaak.

“Daar is groot lyding wat verhoed kan word, wat veroorsaak word deur mense wat self soveel gely het… wat deur ‘n dal van lyding gegaan het.

“Dié van ons wat Christene is, is baie sterk beïnvloed deur wat ‘n mens die Joodse skrif kan noem. Die God met sy voorkeure in die verlede is die God met sy voorkeure in die hede… en as God, God is, wees op die uitkyk,” het hy bygevoeg.

“Dít is die smart wat ek in my dra.” Tutu, wat deel was van die wêreldwye Genoomprojek, het ook onlangs uitgevind dat hy San-voorouers het.

Die Russell-tribunaal is ‘n internasionale forum wat daarop gemik is om vrede in die Midde-Ooste te bevorder.

Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi het kritiek oor die befondsing van die Russell-Tribunaal deur Cosatu, afgewys.

Vavi, wat saam met Winnie Madikizela-Mandela deelgeneem het aan die tribunaal, het gesê Cosatu is trots om die geleentheid te borg.

“Cosatu sal verbind bly tot die gebruik van die werkers se geld om te verseker dat die welsyn en geregtigheid vir alle mense in die wêreld beskikbaar bly, net soos ons ondersteuning ontvang van mense in ander lande,” het hy gesê.

Vavi het gesê hy is geroer deur die getuienisse van die tribunaal en het die Palestyne se lot beskryf as “erger as apartheid”.

Soortgelyke sessies is verlede jaar in Barcelona en Londen gehou, en die finale sessie sal volgende jaar in New York gehou word.

Die lede op die paneel het ingesluit die skrywer Alice Walker, ‘n 93-jaar-oue oorlewende van die Holocaust Stephane Hessel en Ronnie Kasrils, ‘n voormalige kabinetsminister.

лобановский харьков

Stigtingsvergadering: Oorkoepelende Burgerraad vir Grondwetlike regte

In bykans elke dorp of stad ervaar belastingbetalers dat hulle nie van plaaslike owerhede waarde vir hul belastinggeld ontvang nie. Baie Suid-Afrikaners blameer die swak dienslewering op die derde vlak van regering dikwels aan leemtes in die Grondwet 1996.

Die regering-van-die-dag se beleid van regstellende aksie asook swart ekonomiese bemagtiging, word dikwels verantwoordelik gehou weens die onbevoegde personeel wat dikwels te onbekwaam is om hulle taak professioneel te verrig.

Die vraag is wat die burgerlike samelewing kan doen om dienslewering te verbeter?

Die Grondwet 1996 gee in verskillende artikels erkenning aan die reg van die burgerlike samelewing om hulle grondwetlike belange te beskerm.

So waarborg die grondwet die reg van gemeenskappe om organe van die burgerlike samelewing te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit [a.31(1)(b)].

Hierdie reg word versterk nie net deur die grondwetlike voorsiening van taal-, godsdiens- en kultuurrade nie, maar ook deur ander burgerlike rade [a.185(c)] wat ter versterking van die demokrasie [a.181(1)] tot stand gebring kan word.

Belanghebbendes in meer as 200 dorpe het derhalwe besluit om ‘n oorkoepelende burgerlike raad vir die bevordering en die beskerming van grondwetlike regte – soos, omgewingsbewaring, watervoorsiening, veiligheid, eiendom, behuising, gesondheidsorg, en toegang tot inligting asook ‘n reg op billike administratiewe optrede – veral op die derde regeringsvlak, te beskerm.

Laasgenoemde aspekte is vervat in ‘n Handves van Regte van die Raad wat op die toepaslike organe van die staat afdwingbaar is, omdat dit direk uit die land se grondwet voortspruit.

Die nuwe raad sal heeltemal a-polities wees en die beginsel van direkte demokrasie sal in elke dorp se spesifieke situasie deur die inwoners self gevolg word. Plaaslike gemeenskapsrade sal die geleentheid gegun word om by die oorkoepelende nasionale raad te affilieer.

Die Raad kom tot stand op 12 November 2011 by wyse van die kollektiewe besluitneming van ‘n aantal beskermhere wat as oorgangsmaatreël die tussentydse ampsdraers van die Raad sal aanwys en sal daarna by die 185-Kommissie as statutêre raad geregistreer word.

Die stigtingsvergadering vind vanaf 09:00 by die NGK Lynnwood, Sussexstraat plaas.

Лобановский

Mbeki kruisig NAVO-orde

Die onlangse gebeure in Libië behoort rooi ligte te laat flikker oor die bedreiging van Afrika se hardverdiende reg tot selfbeskikking, het die voormalige president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki, Saterdag gesê.

Mbeki het in ‘n toespraak voor die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies in Sun City gesê dit “lyk voor die hand liggend” dat ‘n paar magtige lande die nasionale oorgangsraad gebruik om hulle eie selfsugtige belange na te jaag.

Dié lande is volgens hom daarop uit om die beginsel van selfbeskikking te ondermyn. Hy het president Barack Obama van die VSA, Britse premier David Cameron en Franse president Nicolas Sarkozy uitgesonder as die sondebokke agter NAVO.

“Ek moet dit kategories stel dat diegene wat ‘n bepaalde uitkoms probeer voortbring uit die konflik in Libië met ‘n giftige bedrogspul besig is wat daarop gemik is om Afrika en die Afrika-Unie se opposisie teen die debakel in Libië te ondermyn.”

Hy het gesê dis gedoen op grond van die idee dat die Afrika-unie en die res “van ons deur kol. Gaddafi met petro-dollars gekoop is”, en dus gedwonge gevoel het om sy regime te ondersteun.

Hy het gesê verskeie leuens is gebruik om dié idee te propageer – insluitende gerugte dat Gaddafi en Libië die ANC ondersteun het gedurende die stryd teen apartheid.

“Die feit is dat Libië gedurende hierdie periode nie ‘n enkele sent aan die ANC gegee het nie, en dat hy nie eens een van ons militêre vegters opgelei het nie, en dat hy ons nie eens van ‘n enkele koeël voorsien het nie.

“Dit is omdat Gaddafi se Libië besluit het dat die ANC nie veel meer as ‘n instrument van Sionistiese Israel is nie, omdat ons sulke uitstaande patriotte onder ons leiers gehad het soos die afgestorwe Joe Slovo.”

Mbeki het gesê Libië se ondersteuning van die ANC het eers ná 1990 gekom, toe die besef deurgedring het dat die ANC werklik die meerderheid Suid-Afrikaners verteenwoordig het.

Mbeki het ook bewerings dat die Afrika-Unie op Libiese fondse vir sy voortbestaan staatmaak, as onwaar beskryf.

Hy het gepraat oor die onderwerp van internasionale reg en die toekoms van Afrika. Hy het gewaarsku teen pogings van wêreldmagte om Afrika te her-koloniseer.

Mbeki het die Veiligheidsraad gekritiseer as ‘n instrument wat gebruik word om Afrika te onderwyn. Hy het gesê hulle optrede is strydig met die reg op selfbeskikking en internasionale reg.

“Dit is ooglopend dat ‘n paar magtige lande probeer om die Veiligheidsraad as instrument in hul hande aan te wend om hul eie selfsugtige belange na te jaag, vasbeslote om op te tree volgens die beginsel en uitvoering dat ‘mag reg is’,” het hy gesê.

Zuma se voorganger het regsgeleerdes aangespoor om hulle “besonderse talente” te gebruik om Afrika se politieke status en ekonomiese, maatskaplike en kulturele ontwikkeling” te beskerm en te verdedig.

александр лобановский супермаркет класс

DA-korrupsiebom bars in Midvaal

Die party wat hoog opgee oor skoon regering, die DA, het klaarblyklik self ‘n hele paar geraamtes in die kas. Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se span is betrokke by ‘n uitgebreide korrupsie-ondersoek teen die DA, berig Rapport.

Die VF+ beskuldig die DA al geruime tyd van ‘n erge geknoeiery in die Midvaal-munisipaliteit, die enigste ander munisipaliteit behalwe Kaapstad, wat onder beheer van die DA is.

Reeds in April 2009 het die VF+ ‘n perskonferensie gehou waar die feite bekend gemaak is, en in November 2009 is ‘n versoek tot ‘n ondersoek na korrupsie in Midvaal gerig aan die LUR vir plaaslike regering in Gauteng.

Sedert die verkiesing van Corrie Peyper as VF raadslid in Midvaal op 18 Mei 2011 is die aksie verskerp. Die VF-raadslid in Midvaal word intussen deur die DA raad geteister en geïntimideer, sê die VF+ se provinsiale leier, Jaco Mulder.

Die DA het in die 2009 en 2011 by monde van veral Helen Zille telkens verwys na die DA beheerde raad van Midvaal se “skoon administrasie” en kiesers mislei. Die DA is nie die “skoon” alternatief wat veral Afrikaner kiesers dink dit is nie, sê Mulder.

“Die DA en ANC is twee teenkante van dieselfde munt,” het Mulder gesê. “Helen Zille, James Selfe en Ryan Coetzee is gevolglik medepligtig aan hierdie korrupsie omdat dit deurgans onder hul aandag gebring is, en hulle versuim het om daarteen op te tree.”

Helen Zille het enkele weke gelede in die Volksblad gesê dat sy Kobus Hoffman nie ken nie, terwyl die korrupsie in Januarie 2009 deur Hoffman persoonlik onder haar aandag gebring is.

“James Selfe het in die media gesê dat hy nie skrik vir die ongegronde aantygings nie en die DA in Gauteng ontken die bestaan van korrupsie in Midvaal deurgaans teenoor my”, het Mulder voortgegaan.

“Helen Zille is ‘n ongeloofwaardige leier, mislei haar eie ondersteuners asook die publiek en behoort te bedank as openbaar-verkose amptenaar,” volgens Mulder.

Die openbare beskermer (OB) sal Dinsdag die opspraakwekkende verslag bekendmaak oor wanbestuur en ongerymdhede in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit.

Kgalalelo Masibi, OB-woordvoerder, het bevestig die verslag word Dinsdag bekend gemaak.

Die beweringe van wanbestuur wat reeds in Januarie 2009 onthul is, het gelei tot die skorsing van fluitjieblaser Kobus Hoffman (29), DA-raadslid.

Hoffman het in Augustus ‘n klagte van korrupsie en regsverydeling by die polisie ingedien teen onder andere Helen Zille, DA-leier, Timothy Nast, Midvaal-burgemeester, en verskeie DA-LP’s.

Volgens Hoffman was Zille ingelig oor die korrupsie en het sy steeds niks daaraan gedoen nie.

Nast, destydse speaker en nou burgemeester van Midvaal, het tydens ‘n interne ondersoek wat in Desember 2008 afgehandel is, bevind dat geen ongerymdhede plaasgevind het nie.

‘n Klagte van bedrog en korrupsie is in Maart 2009 by die polisie ingedien teen die munisipaliteit se topbestuur. Die OB en Prokureursorde is gevra om ondersoek in te stel.

James Selfe, voorsitter van die DA se uitvoerende federale raad, het in ‘n verklaring gesê die burgemeester en raad van Midvaal het “vrywillig en volledig” met die OB en die SOE saamgewerk.

Rapport het vertroulik verneem die OB-verslag uitgebreide wanbestuur sal uitwys. 

Volgens Rapport is Odendaal se regsfirma, Odendaal en Summerton Inc (OSI), sedert 2000 herhaaldelik op ‘n “onregverdige en onetiese” wyse aangestel.

Odendaal tree op as die raad se prokureur en daarbenewens is OSI verantwoordelik vir alle regsadvies, skuldinvorderings en arbeidsake.

Die OB het glo onder meer bevind dat OSI ‘n onregverdige voordeel oor ander voornemende diensverskaffers gehad het danksy Odendaal se toegang tot inligting en invloed oor tenderprosesse, skryf die koerant.

Daar was glo ook onreëlmatighede met 85 eiendomme wat die munisipaliteit vanweë agterstallige rekeninge oorgeneem het.

Odendaal het glo in een geval ‘n erf in Henley-on-Klip in 2003 aan die munisipaliteit gegee in ruil vir skuld van sowat R5 240. Dit is daarna deur een van Odendaal se ander maatskappye, Meyerton Opspoorders, teen R10 000 gekoop en later verkoop vir R180 000.

Daar is ook ander ongerymdhede wat aan die lig gekom het met werknemers van die munisipaliteit. Twee kontrakte ter waarde van R50 miljoen is glo verdag en ‘n strafregtelike saak oor een van die kontrakte is aanhangig gemaak.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se woordvoerder, het gesê hulle behoort teen einde volgende jaar klaar te wees. Hulle sal waarskynlik hulself tot die polisie en nasionale vervolgingsgesag (NVG) wend om strafregtelike klagtes aanhangig te maak waar nodig.

Timothy Nast, burgemeester, wat om kommentaar genader is deur Rapport, wou nie reageer nie.

Данильченко Юрий Харьков

Swart student slaan leraar oor moeilike vraestel

‘n Tweedejaarstudent in ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand het sy dosent dié week met ‘n stok geslaan omdat die vraestel glo te moeilik was, berig nuus24.

Die student, net bekend as Mfundo, het sy dosent, Obinna Ozumba, met ‘n stok hard op die rug geslaan in die eksamenlokaal

Ozumba het die stok gegryp, in twee gebreek, en hoogs ontstoke die kampus se veiligheidsbeamptes ontbied. Mfundo het daarna doodluiters met sy selfoon gespeel asof niks gebeur het nie totdat hy weggelei is.

Die universiteit wou nie sê of die student geskors gaan word nie en wou ook nie sy naam bekendmaak nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Vrae oor bedankings uit lugmag

“Die skielike bedankings van die Hoof van die Lugmag, Lt-genl. Carlo Gagiano en die Sekretaris van Verdediging, me. Mpumi Mpofu, is oorhaastig en word bevraagteken.

Dit wil voorkom asof beide verantwoordelik gehou word vir omstandighede waaroor hulle nie beheer het nie. Dit is duidelik dat die minister, Lindiwe Sisulu, Gagiano en Mpofu verantwoordelik hou vir die verleentheid van die president en sy adjunk met gehuurde vliegtuie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Dit is onbillik om hulle verantwoordelik te hou want in Lt-genl. Gagiano se geval moet hy ‘n lugmag bestuur waar die regering nie eers genoeg fondse gee vir brandstof sodat vlieëniers die vereiste minimum vliegure kan vlieg nie.

Die onmoontlike word van hom verwag. In Mpofu se geval lyk dit eerder asof sy wou verseker die korrekte verkrygingsprosedures word nagekom met die aankoop van nuwe vliegtuie.

Sy het beïndruk as nuwe Sekretaris van Verdediging en dit word weerspieël in die Ouditeur-Generaal se verslag. Beide die persone is ‘n aanwins vir die weermag en behoort behou te word,” het Groenewald gesê.

топкарго развод

Israel = Apartheid?

‘n Tweedaagse sitting van die Russel-tribunaal oor Palestina word die naweek in Kaapstad gehou om vas te stel of Israel se beleid teenoor die Palestyne op apartheid neerkom.

Talle getuies sal voor ‘n paneel van internasionale regsgeleerdes getuig oor die beweerde onwettigheid van Israel se optrede.

Die Parlementslid, Winnie Madikizela-Mandela en die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, is van die plaaslike leiers wat die sitting sal bywoon.

‘n Oorlogsheld van die destydse Franse Versetbeweging, Stephane Hessel, het aan die media gesê hy het in die Tweede Wêreldoorlog as lid van die Versetbeweging teen die Nazi’s se besetting van Frankryk geveg.

Hessel sê weerstand teen Israel is soos weerstand teen die segregasiewette in die VSA en apartheid in Suid-Afrika, en ‘n analogie wat onmoontlik is om te ignoreer.

Soos die apartheidsregering van Suid-Afrika van destyds, is Israel se reaksie om nie-gewelddadige optrede van ‘n etiket van “opsetlike provokasie” te voorsien.

Volgens Hessel sal Israel, soos in die geval van Suid-Afrika, verkrummel as hulle sake, akademiese en kulturele instellings geïsoleer word. 

Die Duitse Deutsche Bank was onlangs die jongste van verskeie Europese finansiële instellings en groot pensioenfondse om disinvestering van die Israeliese wapenvervaardiger Elbit Systems aan te kondig. Twee van die belangrikste Italiaanse supermarkkettings het voorheen ‘n boikot van produkte aangekondig weens die voortsetting van Israeliese nedersettings in Palestynse gebiede.

Die Skotse skrywer Iain Banks, het reeds voorgestel dat die beste manier vir internasionale kunstenaars, skrywers en akademici om “Israel van sy morele agteruitgang en etiese isolasie” te oortuig, sal wees “deur eenvoudig niks meer te doen te hê met hulle kriminele regering nie”.

Die Suid-Afrikaanse Zionistefederasie het die tribunaal egter as ‘n boendoehof bestempel.

Фільчаков Олександр Васильович