praag.co.za

Zille moet bedank

Written by

in

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die bekendmaking van die Openbare Beskermer se verslag die week met bevindings oor wanbestuur en ongerymdhede in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit in Gauteng,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng, gesę.

Die VF Plus het reeds in April 2009 tydens ‘n mediakonferensie inligting oor korrupsie aan die media beskikbaar gestel en in November 2009 ‘n ondersoek daarna deur die Gautengse LUR vir plaaslike regering aangevra.

Volgens Mulder was die leier van die DA, me. Helen Zille, minstens sedert Januarie 2009 bewus van bewerings van ernstige korrupsie in Midvaal nadat mnr. Kobus Hofmann, toe ‘n burgemeesterskomiteelid vir Midvaal, sy besorgdheid oor korrupsie in die munisipaliteit aan haar openbaar het en sy ten spyte daarvan telkens tydens die parlementęre verkiesingsveldtog van 2009 en die plaaslike regeringsverkiesing van 2011 na die skoon administrasie van die DA in Midvaal verwys het.

Helen Zille, James Selfe, Ryan Coetzee en ander senior DA-leiers het telkens ontken dat daar enige vorm van korrupsie in Midvaal is ten spyte van talle ooglopende bewyse. Die VF Plus het ingegryp nadat talle inwoners van Midvaal die party genader het om hulp omdat hulle deur die DA-raad benadeel is.

Zille het selfs in die Volksblad van 21 Augustus 2011 ontken dat sy Hofmann ken en James Selfe, toe die voorsitter van die DA se Federale Raad, het aan dieselfde media gesê dat hy nie bekommerd is oor die aantygings nie en dat dit herinner aan iets uit ‘n Monty Python fliek, nadat Hofmann ‘n klag van regsverydeling teen Zille en ander DA-leiers by die Meyerton polisie aanhangig gemaak het.

Die omstrede leier van die DA in Midvaal, mnr. Andre Odendaal, het na die bewerings van DA-korrupsie in die openbaar boonop gedurende Februarie 2010 ‘n lasteraksie teen mnr. Corrie Pypers, VF Plus-raadslid in Midvaal, mnr. Kobus Hofmann, fluitjieblaser en mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng begin.

“Die DA en ANC is twee teenkante van dieselfde munt en die tyd sal leer dat die DA-beheerde Midvaal waarskynlik die mees korrupte munisipaliteit in Suid-Afrika is,” het Mulder gesę. Helen Zille, James Selfe, Ryan Coetzee en Martie Wenger is gevolglik medepligtig aan hierdie korrupsie omdat dit deurgaans onder hul aandag gebring is, hulle dit ontken het en versuim het om daarteen op te tree.

Die DA het die kieserspubliek herhaaldelik mislei en kan gevolglik geen geloofwaardige alternatief vir die ANC wees nie. Die DA eis telkens die bedanking van korrupte ANC-amptenare en daarom eis die VF Plus dat Helen Zille en elke DA-amptenaar wat by die korrupsie in Midvaal betrek word, bedank.

Александр Фильчаков

Comments

Leave a Reply