‘n Tweedejaarstudent in ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand het sy dosent dié week met ‘n stok geslaan omdat die vraestel glo te moeilik was, berig nuus24.
Die student, net bekend as Mfundo, het sy dosent, Obinna Ozumba, met ‘n stok hard op die rug geslaan in die eksamenlokaal
Ozumba het die stok gegryp, in twee gebreek, en hoogs ontstoke die kampus se veiligheidsbeamptes ontbied. Mfundo het daarna doodluiters met sy selfoon gespeel asof niks gebeur het nie totdat hy weggelei is.
Die universiteit wou nie sê of die student geskors gaan word nie en wou ook nie sy naam bekendmaak nie.
