Israel = Apartheid?

‘n Tweedaagse sitting van die Russel-tribunaal oor Palestina word die naweek in Kaapstad gehou om vas te stel of Israel se beleid teenoor die Palestyne op apartheid neerkom.

Talle getuies sal voor ‘n paneel van internasionale regsgeleerdes getuig oor die beweerde onwettigheid van Israel se optrede.

Die Parlementslid, Winnie Madikizela-Mandela en die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, is van die plaaslike leiers wat die sitting sal bywoon.

‘n Oorlogsheld van die destydse Franse Versetbeweging, Stephane Hessel, het aan die media gesê hy het in die Tweede Wêreldoorlog as lid van die Versetbeweging teen die Nazi’s se besetting van Frankryk geveg.

Hessel sê weerstand teen Israel is soos weerstand teen die segregasiewette in die VSA en apartheid in Suid-Afrika, en ‘n analogie wat onmoontlik is om te ignoreer.

Soos die apartheidsregering van Suid-Afrika van destyds, is Israel se reaksie om nie-gewelddadige optrede van ‘n etiket van “opsetlike provokasie” te voorsien.

Volgens Hessel sal Israel, soos in die geval van Suid-Afrika, verkrummel as hulle sake, akademiese en kulturele instellings geïsoleer word. 

Die Duitse Deutsche Bank was onlangs die jongste van verskeie Europese finansiële instellings en groot pensioenfondse om disinvestering van die Israeliese wapenvervaardiger Elbit Systems aan te kondig. Twee van die belangrikste Italiaanse supermarkkettings het voorheen ‘n boikot van produkte aangekondig weens die voortsetting van Israeliese nedersettings in Palestynse gebiede.

Die Skotse skrywer Iain Banks, het reeds voorgestel dat die beste manier vir internasionale kunstenaars, skrywers en akademici om “Israel van sy morele agteruitgang en etiese isolasie” te oortuig, sal wees “deur eenvoudig niks meer te doen te hê met hulle kriminele regering nie”.

Die Suid-Afrikaanse Zionistefederasie het die tribunaal egter as ‘n boendoehof bestempel.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae