Geweldadige protesoptogte het by Letlhabile naby Brits in Noordwes uitgebreek met inwoners wat paaie versper en brande stig.
Hulle eis ‘n verduideliking van die munisipaliteit waarom die watertoevoer na die township sedert Saterdag onderbreek is.
Die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit se tegniese direkteur, Monde Juda, sê die probleme het ontstaan vanweë ‘n gebarste pyp.
Hy sê tegnici werk tans aan die probleem en die watertoevoer behoort teen vanmiddag herstel te wees. Die polisie monitor intussen die situasie.
Hulle het paaie versper en glo ‘n gepantserde polisievoertuig met ‘n petrolbom aangeval.
Die oproer het losgebars nadat die Madibeng-munisipaliteit versuim het om te reageer op ‘n memorandum van eise.
‘n Munisipaliteitwoordvoerder het gister ontken dat die inwoners se eise nie aangehoor word nie.
