Vrae oor bedankings uit lugmag

“Die skielike bedankings van die Hoof van die Lugmag, Lt-genl. Carlo Gagiano en die Sekretaris van Verdediging, me. Mpumi Mpofu, is oorhaastig en word bevraagteken.

Dit wil voorkom asof beide verantwoordelik gehou word vir omstandighede waaroor hulle nie beheer het nie. Dit is duidelik dat die minister, Lindiwe Sisulu, Gagiano en Mpofu verantwoordelik hou vir die verleentheid van die president en sy adjunk met gehuurde vliegtuie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Dit is onbillik om hulle verantwoordelik te hou want in Lt-genl. Gagiano se geval moet hy ‘n lugmag bestuur waar die regering nie eers genoeg fondse gee vir brandstof sodat vlieëniers die vereiste minimum vliegure kan vlieg nie.

Die onmoontlike word van hom verwag. In Mpofu se geval lyk dit eerder asof sy wou verseker die korrekte verkrygingsprosedures word nagekom met die aankoop van nuwe vliegtuie.

Sy het beïndruk as nuwe Sekretaris van Verdediging en dit word weerspieël in die Ouditeur-Generaal se verslag. Beide die persone is ‘n aanwins vir die weermag en behoort behou te word,” het Groenewald gesê.

топкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae