Waar is Angola se miljarde?

Die internasionale menseregtegroep Human Rights Watch sê Angola moet verantwoording doen vir $32 miljard wat uit staatskoffers verdwyn het.

Die New Yorkse organisasie het gesê die geld moet tot die voordeel van die mense in Angola gebruik word.

Die groep het Woensdag gesê dit het in ‘n Desember-verslag van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) aan die lig gekom dat die geld verdwyn het. Dié geld word met die oliemaatskappy Sonangol verbind.

Dít sluit $7 miljard in wat na oorsese rekeninge oorgeplaas is en $24,9 miljard wat as “onverklaarbare uitgawes in die regering se state” aangedui word.

Volgens die IMF het die geld tussen 2007 en 2010 verdwyn.

прокурор Фильчаков

Presidensie verdedig tradisionele kultuur

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het Woensdag pres. Jacob Zuma se uitlatings oor Christenskap verdedig en gesê die berig daaroor was “misleidend”.

Volgens Maharaj het Zuma die koms van die Westerse kultuur verwelkom, maar ook daarop gewys dat die tradisionele manier van dinge doen ondermyn word.

Maharaj het gesê die president het Zoeloe gepraat en die boodskap het in die vertaling verlore geraak.

Maharaj het in ‘n verklaring gesê, “Afrika-kultuur is ondermyn of selfs geërodeer deur die koms van Westerse beskawing, waarvan sommige dinge belangrik was vir die samehang van gemeenskappe.”

“Die president het onder andere daarop gewys dat die Westerse kultuur die einde van die uitgebreide familie as ‘n instelling gebring het, wat gelei tot die behoefte vir die regering om ouetehuise, weeshuise en ander meganismes te vestig om die armes en kwesbares te ondersteun.

“Hy het bygevoeg dat selfs armoede ‘n onbekende faktor was omdat bure altyd gereed was om mekaar te help, melk of beeste waar nodig te gee,” sê Maharaj.

Hy het gesê dit was ‘n “onnutsige” gevolgtrekking van die M&G-berig dat Zuma die Christendom verwerp of negeer. “Die president was eenvoudig besig om Afrikakultuur te beskryf… en die verwaarlosing van Afrika-kultuur te betreur.”

Maharaj het gesê die misverstand was ‘n aanduiding van die “verskille” in Suid-Afrika se taalkundige erfenis.

“Dit alles is die gevolg van ons multikulturele samelewing,” het hy gesê.

 

александр лобановский класс

Zuma takel weer die Kerke

President Jacob Zuma het die skuld op godsdiens, veral die Christendom, gepak vir die verlies van die menslikheid in die samelewing.

Die ANC-leier, wat as ‘n priester van die Volle Evangelie Kerk, in KwaZulu-Natal in 2007 ingesweer is, het gister gesê dat die koms van die Christendom probleme vir swartes veroorsaak het.

“As Afrikane, lank voor die aankoms van godsdiens en [die] evangelie, het ons ons eie maniere van dinge doen gehad.

“Dit was tye waarna die godsdienstige mense verwys as donker dae, maar ons weet dat gedurende daardie tyd, was daar geen weeskinders of ouetehuise nie. Christelike geloof het hierdie dinge gebring,” het hy gesê.

Zuma het gepraat by KwaMaphumulo, op die KwaZulu-Natalse noordkus, tydens die bekendstelling van ‘n padveiligheid- en misdaadbewusmakingsveldtog.

Dit is nie die eerste keer dat Zuma wenkbroue lig met sy kommentaar oor godsdiens nie.

In Junie vanjaar moes hy om verskoning te vra vir die “misbruik” van Jesus se naam tydens die plaaslike regering se verkiesingsveldtog aan die SA Raad van Kerke.

Met die ANC se eeufeesvieringe op hande, is Zuma se uitsprake teenstrydig met die regerende party se geskiedenis van samewerking met die kerke.

Die ANC is gestig in 1912 by die NG Kerk in Waaihoek, Bloemfontein, en sy stigtingspresident, dr John Langalibalele Dube, was ‘n priester.

Gister het Zuma het gesê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners terugkeer na die “ou dae van die dinge te doen” omdat die moderne manier probleme in die samelewing veroorsaak het.

Zuma het die afskaffing van lyfstraf betreur en gesê dis ‘n goeie manier om ouerlike gesag af te dwing.

“Ek kan nie sulke wetgewing blameer nie, maar ek kan nie hieroor diplomaties wees nie. Dis ‘n feit,” het Zuma gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

China brei militêr uit in Afrika

China is besig om sy militêre teenwoordigheid in Afrika en die Indiese Oseaan te versterk om Beijing se ekonomiese belange in die gebied te beskerm, het RSG Dinsdag berig.

China steun veral die afgelope drie weke Oegandese magte wat in Somalië ontplooi is, asook die Seychelle om seerowery te help beveg.

‘n Lid van Brussel se instituut van Chinese eietydse studies – Jonathan Holslag – het gesê dit is duidelik dat Chinese leiers besef dat militêre optredes nodig is om hul buitelandse belange te beskerm.

Holslag sê dat die Indiese Oseaan strategies belangrik is vir China omdat 85% van sy olie-invoere en 60% van sy uitvoere deur die Golf van Aden moet gaan.

China het nog nie ‘n militêre basis in die streek nie – net drie vaartuie in die Golf wat Somaliese seerowers moet keer.

Hy sê China se militêre strukture en verhoudings met eilande in die Indiese Oseaan, het nuwe momentum gekry.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Paaie eis 700, nie 500

Die aantal mense wat sedert die begin van die feestyd op die land se paaie dood is, staan nou op 710, het die Padverkeersbestuurkorporasie gesê.

Volgens die weeklikse verslag van die korporasie het die meeste sterftes en beserings in ‘n enkele ongeluk, in die Vrystaat voorgekom waar agt mense dood en 14 beseer is tussen Kroonstad en Koppies.

Spoed, nalatige bestuur en uitputting bly die grootste oorsake van ongelukke. Die korporasie verwag dat die verkeer voor die Kersnaweek op alle roetes sal toeneem.

Sowat 592 ongelukke wat tot die dood van 710 mense gelei het, is tussen 1 en 19 Desember aangemeld, het Ashref Ismail, woordvoerder van die korporasie, gesê.

лобановский депутат

Limpopo-ANC herhaal oproep om nasionalisering

Die ANC in Limpopo het Dinsdag sy oproep om nasionalisering van myne en onteiening van grond sonder vergoeding beklemtoon.

Lede is daarvan oortuig dat die beëindiging van privaateienaarskap van ekonomiese hulpbronne sal help om die ideaal van “ekonomiese bevryding” te verwesenlik.

“Ons benadruk ons oproep om nasionalisering van myne en ander strategiese sektore soos Sasol en ArcelorMittal,” het Soviet Lekganyane, nuutverkose provinsiale voorsitter, by die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus buite Polokwane gesê.

Lekganyane het die voorstel, wat later by die konferensie aanvaar is, gelees en gesê: “Alle produktiewe grond moet genasionaliseer word. Vergoeding moenie op die grond self betaal word nie, maar op die verbeterings. Die prys moet deur ‘n evalueerder van die staat bepaal word.”

Dié stappe is nodig om die ekonomie te “demokratiseer”, het hy gesê.

Afgevaardigdes het besluit dat “demokratiese” toegang tot ekonomiese hulpbronne wat deur die staat beheer word, een van die bestanddele van “ekonomiese bevryding” is.

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, staan aan die spits van die debat oor nasionalisering, te midde van kritiek uit die opposisiegeledere en landbouliggame wat vrees dat dit buitelandse beleggings negatief sal beïnvloed.

Die regering hou vol nasionalisering nie regeringsbeleid is nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Heath: Het die stof gaan lê?

Oudregter. Willem Heath, voormalige hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), het op versoek van president Zuma bedank. Die oud-regter het aan Die Burger gesê sy besluit was in landsbelang.
Dit is nog nie seker of die talle bewerings ivm korrupsie en omkoopgeld wat gedurende Heath se baie kort termyn gemaak is, ondersoek sal word nie.

Jeff Radebe, minister van justisie, het in ‘n verklaring wat Heath se bedanking aankondig gesê: “Ons wil adv. Heath graag bedank vir die bekwaamheid en insig wat hy getoon het nadat die indruk, reg of verkeerd, met sy aanstelling gewek is dat hy nie in die posisie is om sy pligte op ‘n onafhanklike manier uit te voer nie.”

Heath het as Radebe se spesiale raadgewer bedank toe hy 20 dae gelede deur pres. Jacob ­Zuma as hoof van die SOE aangestel is.

Twee dae ná sy aanstelling het Heath in ‘n onderhoud vir oudpres. Thabo Mbeki en adv. Bulelani Ngcuka uitgewys as samesweerders in ‘n plan om van Zuma ontslae te raak.

Radebe, een van die Zuma-kamp, het Heath in 2009 as sy spe­siale regsraadgewer aangestel, nadat Zuma as president verkies is.

Tlali Tlali, woordvoerder van die departement van justisie, het aan Die Burger gesê: “Ons het verklarings uitgereik waarin dit duidelik gestel word dat die kommentaar van adv. Heath in sy persoonlike hoedanigheid gedoen is,” het Tlali gesê. “Sy kommentaar het dus niks met die regering te doen nie.”

лобановский супермаркет класс

Polisiekaptein wat uniforms, ammunisie verkoop vas

‘n Polisievrou wat in hegtenis geneem is nadat sy na bewering polisie-uniforms en ammunisie verkoop het, het Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn, het die SABC berig.

Esmerelda Bailey en haar medebeskuldigde, Waleed Hendricks, sal na verwagting Woensdag ‘n formele aansoek om borgtog bring.

Die Valke het Bailey meer as ‘n week gelede in hegtenis geneem.

Sy het na bewering ongelisensieerde ammunisie verkoop het terwyl sy met stresverlof was.

Esmerald Bailey (43) het voor landdros Eric Louw verskyn. Louw het gelas sy moet vir ‘n week in aanhouding bly terwyl die polisie haar agtergrond ondersoek.

Bailey, bekend vir haar ondersoek wat daartoe gelei het dat Dina Rodrigues lewenslange tronkstraf opgelê is vir die moord op baba Jordan Leigh Norton in Junie 2005, is Vrydag in hegtenis geneem.

Sy het saam met haar medebeskuldigde, Waleed Hendricks (25), verskyn. Albei sal weer op 19 Desember verskyn, wanneer hulle na verwagting ‘n gesamentlike borgtogaansoek sal indien.

Volgens die Valke is ‘n operasie goedgekeur ná vermoed is dat Bailey betrokke was by die onwettige verkoop van polisie-uniforms en ammunisie.

In die verloop van die ondersoek het Hendricks na bewering ‘n klandestiene polisiebeampte in ‘n parkeergebied van ‘n klein hoeveelheid ammunisie voorsien, in ruil vir R4 000.

Hendricks is in hegtenis geneem nadat hy die geld aanvaar het. Hy het die ondersoekspan na Bailey se huis by die Palm Springs-woonstelblok in Brooklyn geneem.

In dié woonstel het die polisie op nog onwettige polisie-ammunisie afgekom, asook vermiste forensiese sakke waarin bewysstukke en dokumente van verskeie sake was.

Bailey is reeds drie jaar met stresverlof. 

лобановский депутат

Paaie eis meer as 500 in Desember

Padongelukke het Maandag reeds sowat 500 lewens sedert 1 Desember in Suid-Afrika geëis.

Ashraf Ismail, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, het motoriste gevra om geduldig te bly en verkeersbeamptes met die nodige agting te behandel.

Die publiek beledig glo dikwels verkeersbeamptes. Ismail het nie kommentaar gelewer oor die bevoegdheid van sekere beamptes nie.

“Verkeersbeamptes het ‘n baie veeleisende werk. Mense moet asseblief verdraagsaam wees,” het Ismail gevra.

Ismail sê roekelose bestuurders wat sommer voor die voet verbysteek, is een van die grootste oorsake van ongelukke waarin meer as vyf mense omkom.

In gevalle waar net een motor verongeluk, is dit moeë bestuurders wat ‘n probleem is.

Vir padveiligheid gedurende lang ritte is dit raadsaam om ná elke 200km of twee uur stil te hou, uit die voertuig te klim en die bene te rek.

Sitplekgordels wat vasgegespe is, selfs gedurende kort ritte, is ook ‘n moet.

 

Александр Фильчаков прокурор