Ashraf Ismail, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, het motoriste gevra om geduldig te bly en verkeersbeamptes met die nodige agting te behandel.
Die publiek beledig glo dikwels verkeersbeamptes. Ismail het nie kommentaar gelewer oor die bevoegdheid van sekere beamptes nie.
“Verkeersbeamptes het ‘n baie veeleisende werk. Mense moet asseblief verdraagsaam wees,” het Ismail gevra.
Ismail sê roekelose bestuurders wat sommer voor die voet verbysteek, is een van die grootste oorsake van ongelukke waarin meer as vyf mense omkom.
In gevalle waar net een motor verongeluk, is dit moeë bestuurders wat ‘n probleem is.
Vir padveiligheid gedurende lang ritte is dit raadsaam om ná elke 200km of twee uur stil te hou, uit die voertuig te klim en die bene te rek.
Sitplekgordels wat vasgegespe is, selfs gedurende kort ritte, is ook ‘n moet.
