Presidensie verdedig tradisionele kultuur

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het Woensdag pres. Jacob Zuma se uitlatings oor Christenskap verdedig en gesê die berig daaroor was “misleidend”.

Volgens Maharaj het Zuma die koms van die Westerse kultuur verwelkom, maar ook daarop gewys dat die tradisionele manier van dinge doen ondermyn word.

Maharaj het gesê die president het Zoeloe gepraat en die boodskap het in die vertaling verlore geraak.

Maharaj het in ‘n verklaring gesê, “Afrika-kultuur is ondermyn of selfs geërodeer deur die koms van Westerse beskawing, waarvan sommige dinge belangrik was vir die samehang van gemeenskappe.”

“Die president het onder andere daarop gewys dat die Westerse kultuur die einde van die uitgebreide familie as ‘n instelling gebring het, wat gelei tot die behoefte vir die regering om ouetehuise, weeshuise en ander meganismes te vestig om die armes en kwesbares te ondersteun.

“Hy het bygevoeg dat selfs armoede ‘n onbekende faktor was omdat bure altyd gereed was om mekaar te help, melk of beeste waar nodig te gee,” sê Maharaj.

Hy het gesê dit was ‘n “onnutsige” gevolgtrekking van die M&G-berig dat Zuma die Christendom verwerp of negeer. “Die president was eenvoudig besig om Afrikakultuur te beskryf… en die verwaarlosing van Afrika-kultuur te betreur.”

Maharaj het gesê die misverstand was ‘n aanduiding van die “verskille” in Suid-Afrika se taalkundige erfenis.

“Dit alles is die gevolg van ons multikulturele samelewing,” het hy gesê.

 

александр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae