Waar is Angola se miljarde?

Die internasionale menseregtegroep Human Rights Watch sê Angola moet verantwoording doen vir $32 miljard wat uit staatskoffers verdwyn het.

Die New Yorkse organisasie het gesê die geld moet tot die voordeel van die mense in Angola gebruik word.

Die groep het Woensdag gesê dit het in ‘n Desember-verslag van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) aan die lig gekom dat die geld verdwyn het. Dié geld word met die oliemaatskappy Sonangol verbind.

Dít sluit $7 miljard in wat na oorsese rekeninge oorgeplaas is en $24,9 miljard wat as “onverklaarbare uitgawes in die regering se state” aangedui word.

Volgens die IMF het die geld tussen 2007 en 2010 verdwyn.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae