Die Departement van Binnelandse Sake, sê hy is nie bewus van enige besluit of ooreenkoms om ‘n tweede proses te begin om die onwettige verblyf van Zimbabwiërs in Suid-Afrika te wettig nie.
Volgens die plaaslike media in Harare het die minister van Binnelandse Sake, Kembo Mohadi, gesê die woordvoerder van Suid-Afrika se Departement van Binnelandse Sake, Ronnie Mamoepa, het daarop gewys dat hulle nie bewus is van sulke planne nie.
Mohadi het op sy beurt gesê Zimbabwiese amptenare sal hulle Suid-Afrikaanse kollegas in die nuwe jaar ontmoet om met die tweede fase te begin.
Die regering het in April verlede jaar ‘n moratorium op die deportering van Zimbabwiërs aangekondig.
Hulle het toe spesiale dokumente gekry om hulle verblyf in Suid-Afrika wettig te maak.
Die Departement sê hy het 275 762 aansoeke vir permitte gekry. ‘n Amptenaar by die Zimbabwiese konsulaat in Johannesburg wou nie kommentaar lewer op die kwessie nie.
