Die ANC-leier, wat as ‘n priester van die Volle Evangelie Kerk, in KwaZulu-Natal in 2007 ingesweer is, het gister gesê dat die koms van die Christendom probleme vir swartes veroorsaak het.
“As Afrikane, lank voor die aankoms van godsdiens en [die] evangelie, het ons ons eie maniere van dinge doen gehad.
“Dit was tye waarna die godsdienstige mense verwys as donker dae, maar ons weet dat gedurende daardie tyd, was daar geen weeskinders of ouetehuise nie. Christelike geloof het hierdie dinge gebring,” het hy gesê.
Zuma het gepraat by KwaMaphumulo, op die KwaZulu-Natalse noordkus, tydens die bekendstelling van ‘n padveiligheid- en misdaadbewusmakingsveldtog.
Dit is nie die eerste keer dat Zuma wenkbroue lig met sy kommentaar oor godsdiens nie.
In Junie vanjaar moes hy om verskoning te vra vir die “misbruik” van Jesus se naam tydens die plaaslike regering se verkiesingsveldtog aan die SA Raad van Kerke.
Met die ANC se eeufeesvieringe op hande, is Zuma se uitsprake teenstrydig met die regerende party se geskiedenis van samewerking met die kerke.
Die ANC is gestig in 1912 by die NG Kerk in Waaihoek, Bloemfontein, en sy stigtingspresident, dr John Langalibalele Dube, was ‘n priester.
Gister het Zuma het gesê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners terugkeer na die “ou dae van die dinge te doen” omdat die moderne manier probleme in die samelewing veroorsaak het.
Zuma het die afskaffing van lyfstraf betreur en gesê dis ‘n goeie manier om ouerlike gesag af te dwing.
“Ek kan nie sulke wetgewing blameer nie, maar ek kan nie hieroor diplomaties wees nie. Dis ‘n feit,” het Zuma gesê.
