Heath: Het die stof gaan lê?

Oudregter. Willem Heath, voormalige hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), het op versoek van president Zuma bedank. Die oud-regter het aan Die Burger gesê sy besluit was in landsbelang.
Dit is nog nie seker of die talle bewerings ivm korrupsie en omkoopgeld wat gedurende Heath se baie kort termyn gemaak is, ondersoek sal word nie.

Jeff Radebe, minister van justisie, het in ‘n verklaring wat Heath se bedanking aankondig gesê: “Ons wil adv. Heath graag bedank vir die bekwaamheid en insig wat hy getoon het nadat die indruk, reg of verkeerd, met sy aanstelling gewek is dat hy nie in die posisie is om sy pligte op ‘n onafhanklike manier uit te voer nie.”

Heath het as Radebe se spesiale raadgewer bedank toe hy 20 dae gelede deur pres. Jacob ­Zuma as hoof van die SOE aangestel is.

Twee dae ná sy aanstelling het Heath in ‘n onderhoud vir oudpres. Thabo Mbeki en adv. Bulelani Ngcuka uitgewys as samesweerders in ‘n plan om van Zuma ontslae te raak.

Radebe, een van die Zuma-kamp, het Heath in 2009 as sy spe­siale regsraadgewer aangestel, nadat Zuma as president verkies is.

Tlali Tlali, woordvoerder van die departement van justisie, het aan Die Burger gesê: “Ons het verklarings uitgereik waarin dit duidelik gestel word dat die kommentaar van adv. Heath in sy persoonlike hoedanigheid gedoen is,” het Tlali gesê. “Sy kommentaar het dus niks met die regering te doen nie.”

лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae