Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, is met 592 stemme tot lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) in Limpopo verkies.
Hy is een van 20 mense wat op die nuwe PUK sal dien. Cassel Mathale is die voorsitter van dié komitee.
