China steun veral die afgelope drie weke Oegandese magte wat in Somalië ontplooi is, asook die Seychelle om seerowery te help beveg.
‘n Lid van Brussel se instituut van Chinese eietydse studies – Jonathan Holslag – het gesê dit is duidelik dat Chinese leiers besef dat militêre optredes nodig is om hul buitelandse belange te beskerm.
Holslag sê dat die Indiese Oseaan strategies belangrik is vir China omdat 85% van sy olie-invoere en 60% van sy uitvoere deur die Golf van Aden moet gaan.
China het nog nie ‘n militêre basis in die streek nie – net drie vaartuie in die Golf wat Somaliese seerowers moet keer.
Hy sê China se militêre strukture en verhoudings met eilande in die Indiese Oseaan, het nuwe momentum gekry.
