Maak tolhekke oop!

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid het reeds voorgestel dat die tolhekke oopgemaak moet word, indien die staking opeenhoping by tolplazas veroorsaak.

Die vakbond SATAWU in KwaZulu-Natal beplan om tolhek-beamptes in ander provinsies te vra om by hulle staking aan te sluit.

Honderde van die werkers by tolhekke in die provinsie staak reeds sedert Saterdag.

Werkers staak hoofsaaklik oor lone en eis drieduisend rand per maand. ‘n Woordvoerder van die vakbond, Joseph Dube, sê die verdienste per tolhek is sowat R30 000 per maand.

Александр Фильчаков Васильевич

SA neem presidentskap van Veiligheidsraad

President Jacob Zuma het in New York aangekom vir ‘n reeks hoëvlak geleenthede. Die eerste daarvan is Suid-Afrika se aanvaarding van die presidentskap van die VN se Veiligheidsraad.

Suid-Afrika sal ‘n maand lank die roterende presidentskap van die raad beklee. Die regering beplan om die geleentheid te gebruik om groter samewerking tussen die VN en die Afrika Unie te bewerkstellig.

Zuma sal later medevoorsitter wees van die VN se paneel oor Wêreldwye Volhoubaarheid, tesame met president Tajra Halonen van Finland.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki Moon, het die paneel in 2010 bekendgestel om ‘n nuwe plan te formuleer om volhoubare ontwikkeling te behaal en die Millenium Doelwitte te bereik.

прокурор Фильчаков

Sentrale aansoekkantoor vir universiteite

Die Jong Kommunisteliga het gesê daar moet seker gemaak word dat die idee van ‘n sentrale aansoekkantoor, soos vroeër Dinsdag deur die departement van
hoër onderwys voorgestel is, ‘n realiteit word.
Die Universiteit van Johannesburg kon maatreëls in plek gestel het om die groot getal mense wat by die instelling wou registreer, te akkommodeer, het die liga Dinsdag gesê.

“Die universiteit het misluk daarin om strukture soos ablusiegeriewe, verblyf en so meer vir die groot hoeveelheid potensiële studente te voorsien,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

Die ma van ‘n voornemende student is dood en 22 mense is beseer in ‘n stormloop by die universiteit Dinsdagoggend toe duisende studente en ouers tou gestaan het om laat aansoeke in te dien by die kampus in Aucklandpark.

Die SA Demokratiese Onderwysersunie het ook gesê die regering moet instellings van hoër onderwys uitbrei om sulke opeenhopings te voorkom.

Die Premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, het gesê dit is hartseer dat ‘n gesin ‘n ouer verloor het wat haar kind wou help om opvoeding te kry. Sy het gesê die universiteit moet met die polisie saamwerk om seker te maak só ‘n voorval vind nie weer plaas nie.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Een sterf in studentestormloop by UJ

‘n Ma van ‘n voornemende student is dood in ‘n stormloop deur aansoekers by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se kampus in Aucklandpark, Johannesburg.

UJ het intussen bevestig dat die oorledene ‘n ma van ‘n student is, het Eyewitness News berig. “Paramedici het ‘n kombers oor ‘n lyk naby die ingang na die kampus in Buntingweg geplaas,” volgens die berig.

Volgens ooggetuies is verskeie mense beseer in die stormloop deur die hekke.

Marie Muller, registrateur by UJ, het aan eNews gesê die stormloop het gevolg nadat studente voor die sperdatum aansoek wou doen.

Sy sê twee mense is ernstig beseer.

RSG-nuus berig dat voornemende studente Dinsdagoggend reeds teen 04:00 lang rye gevorm het.

Verskeie universiteite regoor die land het voornemende studente aangeraai om nié te wag vir hul matriekuitslae voor hulle aansoek om toelating doen nie.

Hulle sê laat aansoeke skep aan die begin van die jaar onnodige chaos by universiteite.

Die hoof van Wits se Skool vir Onderwys, professor Rocksana Osman sê studente moet vooruit beplan en nie ter elfder ure rondskarrel om toelating te kry nie.

Sy sê jongmense moet ook besef dat universiteite nie die enigste plek is waar verder gestudeer kan word nie.

topcargo отзывы

Rassisme in Kaapstad laat prediker moord twiet

‘n Swart prediker gebruik Twitter vir sy oproep dat wit mense in Suid-Afrika doodgemaak moet word nadat hy glo in Kaapstad rassisties behandel is.

Die dominee Kemo Immanuel Waters besit ‘n besigheid genaamd die KemoTherapy Instituut van die Waarheid en is ‘n aktiewe lid van Twitter, Facebook en MySpace. Hy is ‘n platejoggie en beskryf homself op sy Twitterprofiel as ‘n prediker, skrywer, digter, die vader en die waarheidsoeker.

Van sy vorige tweets, het Waters geklink soos ‘n intellektuele, geestelike mens, wat soms politiek bespreek, sonder enige omstredenheid.

Maar in die vroeë oggendure van Saterdagoggend, het sy houding skielik verander.

Waters het gesê hy is ontsteld nadat sy familie ‘n halfuur by kroeg in ‘n besige restaurant in Kampsbaai moes wag.

“In Johannesburg, kan jy oral heen gaan en jy voel altyd welkom.”

Net ná halftwee die oggend skryf die prediker: “Die enigste manier om rassisme tot ‘n einde te bring is om ‘n wesenlike aantal blankes dood te maak. @Helenzille jou onverskillige en neerbuigende houding is ‘n dubbele uitdaging … “

Die twiet het ‘n herrie veroorsaak. Zille het gesê die twiet is haatspraak en dat sy ‘n klag teen Waters sal lê.

Twieter @bronwynnielsen het gevra of hy sy verstand verloor het.

Waters het geantwoord: “Nee, ek het nie my verstand verloor nie. Maar is dit nie jammer nie dat dit is wat dit neem om rassisme die aandag te gee wat dit verdien?”

In reaksie op @Sibusisomtungwa het hy getwiet: “Jy mis die kern van my msg … Die enigste keer dat ‘n swart man ‘n waardige gehoor gegun word, is wanneer hy ‘n geweer afvuur.”

Waters het ook gepraat oor die ANC-eeufees: “Gelukkige 100e jarige herdenking @MyANC_. Jy (sic) werk is nie gedoen nie …, maar ‘n werk goed gedoen in die afgelope 100 jaar … Jy sal regeer tot die wegraping “.

Sedert sy omstrede twiet Saterdag, het Waters baie doodsdreigemente ontvang. Hy het gesê dat hy Maandag vyf oproepe ontvang het van mense wat hom wil doodmaak.

“Al die mense wat my dreig se dreigemente het ‘n rassistiese ondertoon. Iemand, ‘n boer, het vir my gesê dat almal naby aan my sal sterf,” het Waters gesê.

“Ek sal nooit daarvan afsien nie. Ek sal nooit dit terugtrek nie en ek sal nooit om verskoning vra nie,” het hy bygevoeg.

Waters het gesê hy sal nooit iemand doodmaak nie, maar hy ken swart mense wat dit sal doen.

topcargo кидалы

Kragkrisis kom, Eskom in die duister

Eskom sê die nasionale kragnetwerk is onder geweldige druk. “Ons gebruik al die noodvoorraad wat ons kan. Ons is baie bekommerd,” het Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, aan die Burger gesê.

Die vraag na elektrisiteit sal ná die Desember-vakansie toeneem as fabrieke weer begin werk. Eskom weet nie wat die toename sal wees nie en hoe om die probleem, wat waarskynlik die hele 2012 sal duur, aan te spreek nie.

Die kragvoorsiener het 14% (ongeveer 5 000 MW) van sy kapasiteit om krag te voorsien, verloor weens geskeduleerde instandhouding en “allerlei tegniese probleme”, sê Joffe.

Dié tekort aan kundigheid om tegniese probleme aan te spreek, veroorsaak dat talle sentrales nie aan die verwagte vraag na krag kan voldoen nie.

Die kragreus sukkel dus om genoeg elektrisiteit te verskaf en het gewaarsku dat landwye kragonderbrekings kan volg.

Die tekort aan elektrisiteit is so erg dat die kragvoorsiener Maandag, nog voor die verwagte aand-spitstyd, sy noodreserwekrag moes gebruik.

Eskom het Maandag groot verbruikers versoek om aanlegte af te skakel. Munisipale owerhede is ook in kennis gestel.

Die Kaapse Kamer van Koophandel het hul kommer oor Eskom se gebrekkige beplanning uitgespreek nadat die kragvoorsiener hulle in kennis gestel het dat hulle beurtkrag sal moet instel.

 

Фильчаков прокурор харьков

DA so te sê by ANC ingelyf

Helen Zille, opposisieleier en DA-aanvoerder, se ANC-onderrok het dié naweek behoorlik op die vloer gesleep. In ‘n verklaring wat ook op die DA se webwerf te lese is, het Zille die regering in sulke lowende taal geprys, dat sommige DA-kiesers gewonder het of hulle party tans by die ANC ingelyf is.

Sy kon skaars die stortvloed komplimente aan die ANC keer.

Zille het persoonlik namens die DA “opregte gelukwensinge aan die ANC en sy leier, president Zuma, vir die bereiking van hierdie indrukwekkende mylpaal”, oorgedra.

Sy het gesê hierdie “100 jaar toon ‘n buitengewone rekord, sonder parallel op die vasteland van Afrika. As die ANC sê dit is veel meer as ‘n viering van die 100ste verjaarsdag van ‘n politieke party, stem ons saam. Dit verteenwoordig ‘n geskiedenis van ontwikkeling, ‘n soeke na menseregte en die koms van demokrasie na ‘n lang, moeilike stryd wat meer as 80 jaar geduur het.

“Nuwe leiers het na vore gekom, en die ANC het gepoog om sy karakter te verander van ‘n bevrydingsbeweging na ‘n regerende party. Die offers van talle ANC-lede en leiers speel ‘n belangrike rol in die beëindiging van apartheid en die DA het waardering vir hierdie bydraes.”

Sy het Nelson Mandela, “die vader van die Nuwe Suid-Afrika” genoem en gesê dat “sy waardes nog sterk aanklank vind by die mense van hierdie land”.

Zille het Mandela se “menslike, nie-rassige visie van gelykheid vir almal in ‘n demokratiese stelsel – nou in die Grondwet gewaarborg – wat ons land gelei het uit die donker dae van onderdrukking en stewig op die pad na vryheid” geprys. Die DA is van mening dat hierdie waardes “tydloos” is, het sy gesê.

Zille het “die geskiedkundige gebeurtenis van die ANC wat sy eeufees vier, as ‘n tyd wat reg is om die beste van die verlede te behou, en met vrymoedigheid na ‘n beter ‘n toekoms vir alle Suid-Afrikaners uit te sien”, beskryf.

лобановский александр интервью

‘Lost in translation’

Die ANC-jeugliga het berigte dat sy geskorsde leier Julius Malema ANC-leiers as “bobbejane” beskryf het, as ‘n vertaalfout afgemaak.

By ‘n samekoms in Bloemfontein as deel van die regerende party se eeufeesvieringe, het Malema glo dié beskrywing gebruik.

Malema is vroeër aangehaal deur die Saturday Star: “Die mense wat ons nie hier wil hê nie, hulle is bobbejane …. maar die bobbejane, hulle het nie geweet hoe ons te werk gaan nie – dat ons maniere kry om by ons mense uit te kom.”

“Die ANC-jeugligapresident het in Sepedi gepraat en die joernalis wat die storie geskryf het nie die vaagste benul van die taal wat die president gebruik het nie,” het woordvoerder Floyd Shivambu Saterdag in ‘n verklaring gesê.

“Sy het in plaas daarvan staatgemaak op ‘n slegte vertaling van ‘n omstander oor wat die president gesê het… Onder geen omstandighede het die ANC-jeugligapresident gesê ANC-leiers is bobbejane nie, en hy sou nooit so ‘n opmerking maak nie.”

“Die ANC-jeugliga eis ‘n onmiddellike terugtrekking deur die Saturday Star van al die bewerings en wanvoorstelling van wat die president gesê het,” het Shivambu gesê.

данильченко юрій броніславович компромат

Mugabe nie in Bloemfontein nie

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het nie die ANC se eeufeesvieringe bygewoon nie, het die staatsmedia berig.

Volgens Mugabe se woordvoerder, George Charamba, kon die Zimbabwiese leier nie die feesvieringe in Bloemfontein persoonlik bywoon nie.

Charamba het bevestig dat Mugabe na die eeufees genooi is, maar die leier is tans met verlof in die Verre Ooste.

Hy het aan die plaaslike dagblad The Herald gesê dat adjunk-pres. Joice Mujuru die Afrika-land se Zanu-PF-party sal verteenwoordig.

Die ANC het Woensdag bevestig dat Mugabe die naweek se vieringe sal bywoon.

Die president neem gewoonlik verlof van Desember tot die einde van Januarie, maar kan as gevolg van ‘n dekade-lange reisverbod nie na Westerse lande reis nie.

Die 87-jarige leier het in 2011 dikwels vir mediese toetse na Singapoer gereis. Hy word glo vir prostaatkanker behandel.

Intussen het die Zimbabwiese premier, Morgan Tsvangirai, gesê sy nasionale voorsitter, Lovemore Moyo, sal die MDC by die ANC se eeufees verteenwoordig.

Данильченко Юрий Харьков

Zuma prys wit aktiviste

President Jacob Zuma het Sondag spesiale hulde gebring aan talle wit aktiviste wat hulself vir demokratiese verandering in die land beywer het.

“Die ANC het nog altyd en koester nog steeds (hul) bydrae,” het hy aan duisende Suid-Afrikaners gesê wat dapper genoeg was om in die skroeiende hitte by die Vrystaat-stadion saam te kom.

“Hierdie eenheid oor verdeeldhede versterk die ANC.”

Zuma het gesê swart mense was tot objekte gereduseer totdat hulle in 1912 saamgekom het om teen die apartheidstelsel te veg.

Hy het bygevoeg dat dit gedoen is met die ondersteuning van die Afrika-kontinent en die internasionale gemeenskap.

Zuma het hoogtepunte aangehaal van die party se 100 jaar van ‘n “selflose” stryd. Hy het egter nie na De Klerk se oorgawe verwys nie

Hy het gesê dit het begin met die ANC se stigter, Pixley Ka Isaka Seme, wat ‘n beroep gedoen het op die Afrika-mense om saam te staan en rassisme te begrawe.

Zuma het die ANC beskryf as ‘n gedissiplineerde mag van die linkses, met ‘n voorkeur vir armes.

Zuma het gesê die eeufeesviering is emosionele, maar ‘n opwindende gebeurtenis.

Hy het verder hulde gebring aan 134 Suid-Afrikaanse patriotte, waarvan meeste van hulle Umkhonto We Sizwe-soldate was, soos Solomon Mahlangu, wat deur die apartheidsregering in Pretoria tereggestel is.

“Ons vryheid was definitief nie verniet nie. Dit is verkry deur die bloed, sweet en trane van baie selflose, revolusionêre mense en die raamwerk van ons beweging.”

Die keuse van kerklike leiers wat deelgeneem het aan die verrigtinge het wenkbroue laat lig, nadat die Joodse rabbi, Warren Goldstein, ‘n prominente spreekbeurt gekry het. Die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika is heelwat kleiner as die Moslem- en Christengemeenskappe.

Dit het vrae oor die Joodse betrokkenheid by die ANC laat ontstaan. Goldstein, die jongste rabbi ooit, is in Pretoria gebore. Hy is ‘n groot voorstander van armoedeverligting en ‘n ondersteuner van Israel.

Фільчаков Олександр Васильович