Een sterf in studentestormloop by UJ

‘n Ma van ‘n voornemende student is dood in ‘n stormloop deur aansoekers by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se kampus in Aucklandpark, Johannesburg.

UJ het intussen bevestig dat die oorledene ‘n ma van ‘n student is, het Eyewitness News berig. “Paramedici het ‘n kombers oor ‘n lyk naby die ingang na die kampus in Buntingweg geplaas,” volgens die berig.

Volgens ooggetuies is verskeie mense beseer in die stormloop deur die hekke.

Marie Muller, registrateur by UJ, het aan eNews gesê die stormloop het gevolg nadat studente voor die sperdatum aansoek wou doen.

Sy sê twee mense is ernstig beseer.

RSG-nuus berig dat voornemende studente Dinsdagoggend reeds teen 04:00 lang rye gevorm het.

Verskeie universiteite regoor die land het voornemende studente aangeraai om nié te wag vir hul matriekuitslae voor hulle aansoek om toelating doen nie.

Hulle sê laat aansoeke skep aan die begin van die jaar onnodige chaos by universiteite.

Die hoof van Wits se Skool vir Onderwys, professor Rocksana Osman sê studente moet vooruit beplan en nie ter elfder ure rondskarrel om toelating te kry nie.

Sy sê jongmense moet ook besef dat universiteite nie die enigste plek is waar verder gestudeer kan word nie.

topcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae