Kragkrisis kom, Eskom in die duister

Eskom sê die nasionale kragnetwerk is onder geweldige druk. “Ons gebruik al die noodvoorraad wat ons kan. Ons is baie bekommerd,” het Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, aan die Burger gesê.

Die vraag na elektrisiteit sal ná die Desember-vakansie toeneem as fabrieke weer begin werk. Eskom weet nie wat die toename sal wees nie en hoe om die probleem, wat waarskynlik die hele 2012 sal duur, aan te spreek nie.

Die kragvoorsiener het 14% (ongeveer 5 000 MW) van sy kapasiteit om krag te voorsien, verloor weens geskeduleerde instandhouding en “allerlei tegniese probleme”, sê Joffe.

Dié tekort aan kundigheid om tegniese probleme aan te spreek, veroorsaak dat talle sentrales nie aan die verwagte vraag na krag kan voldoen nie.

Die kragreus sukkel dus om genoeg elektrisiteit te verskaf en het gewaarsku dat landwye kragonderbrekings kan volg.

Die tekort aan elektrisiteit is so erg dat die kragvoorsiener Maandag, nog voor die verwagte aand-spitstyd, sy noodreserwekrag moes gebruik.

Eskom het Maandag groot verbruikers versoek om aanlegte af te skakel. Munisipale owerhede is ook in kennis gestel.

Die Kaapse Kamer van Koophandel het hul kommer oor Eskom se gebrekkige beplanning uitgespreek nadat die kragvoorsiener hulle in kennis gestel het dat hulle beurtkrag sal moet instel.

 

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae