DA so te sê by ANC ingelyf

Helen Zille, opposisieleier en DA-aanvoerder, se ANC-onderrok het dié naweek behoorlik op die vloer gesleep. In ‘n verklaring wat ook op die DA se webwerf te lese is, het Zille die regering in sulke lowende taal geprys, dat sommige DA-kiesers gewonder het of hulle party tans by die ANC ingelyf is.

Sy kon skaars die stortvloed komplimente aan die ANC keer.

Zille het persoonlik namens die DA “opregte gelukwensinge aan die ANC en sy leier, president Zuma, vir die bereiking van hierdie indrukwekkende mylpaal”, oorgedra.

Sy het gesê hierdie “100 jaar toon ‘n buitengewone rekord, sonder parallel op die vasteland van Afrika. As die ANC sê dit is veel meer as ‘n viering van die 100ste verjaarsdag van ‘n politieke party, stem ons saam. Dit verteenwoordig ‘n geskiedenis van ontwikkeling, ‘n soeke na menseregte en die koms van demokrasie na ‘n lang, moeilike stryd wat meer as 80 jaar geduur het.

“Nuwe leiers het na vore gekom, en die ANC het gepoog om sy karakter te verander van ‘n bevrydingsbeweging na ‘n regerende party. Die offers van talle ANC-lede en leiers speel ‘n belangrike rol in die beëindiging van apartheid en die DA het waardering vir hierdie bydraes.”

Sy het Nelson Mandela, “die vader van die Nuwe Suid-Afrika” genoem en gesê dat “sy waardes nog sterk aanklank vind by die mense van hierdie land”.

Zille het Mandela se “menslike, nie-rassige visie van gelykheid vir almal in ‘n demokratiese stelsel – nou in die Grondwet gewaarborg – wat ons land gelei het uit die donker dae van onderdrukking en stewig op die pad na vryheid” geprys. Die DA is van mening dat hierdie waardes “tydloos” is, het sy gesê.

Zille het “die geskiedkundige gebeurtenis van die ANC wat sy eeufees vier, as ‘n tyd wat reg is om die beste van die verlede te behou, en met vrymoedigheid na ‘n beter ‘n toekoms vir alle Suid-Afrikaners uit te sien”, beskryf.

лобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae