SA neem presidentskap van Veiligheidsraad

President Jacob Zuma het in New York aangekom vir ‘n reeks hoëvlak geleenthede. Die eerste daarvan is Suid-Afrika se aanvaarding van die presidentskap van die VN se Veiligheidsraad.

Suid-Afrika sal ‘n maand lank die roterende presidentskap van die raad beklee. Die regering beplan om die geleentheid te gebruik om groter samewerking tussen die VN en die Afrika Unie te bewerkstellig.

Zuma sal later medevoorsitter wees van die VN se paneel oor Wêreldwye Volhoubaarheid, tesame met president Tajra Halonen van Finland.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki Moon, het die paneel in 2010 bekendgestel om ‘n nuwe plan te formuleer om volhoubare ontwikkeling te behaal en die Millenium Doelwitte te bereik.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae