Suid-Afrikaanse huispryse neem af in re?le terme

Terwyl huispryse vanjaar nominaal met vyf tot ses persent gaan styg, sal dit beteken dat daar 'n daling van 4,5 persent in reele terme sal plaasvind. So sê die land se grootste bank wat huislenings betref, ABSA.

Dit sal die eerste keer sedert 1999 wees dat daar geen reële groei in huispryse plaasvind nie.

Volgens die bank gaan verbruikersinflasie onder opwaartse druk bly en verkeer dit tans bokant tien persent weens die internasionale olieprys, asook stygings in voedselpryse.

Volgens Jacques du Toit, 'n senior eiendomsekonoom by ABSA, sal rentekoerse nog aanstaande jaar hoog bly om inflasie te bekamp, waarna hulle in 2010 verminder behoort te word.

для хамаматопкарго

ANC-regering poog om kampspanninge te ontlont

Die ANC-regering gaan met Suid-Afrikaners in omliggende dele naby kampe vir vreemdelinge onderhandel om spanning te onlont.

Van die plaaslike inwoners in Corlett Gardens, Johannesburg en Country View, Midrand, is ongelukkig oor die ongeveer 3000 buitelanders wat tans in hul omgewings in kampe gehuisves word.

'n Woordvoerder van die Gauteng-provinsie, Thabo Masebe, het gesê dat dit om 'n noodtoestand gaan en dat hulle met die ongelukkiges sal beraadslaag om hulle gerus te stel.

Vandag sal daar ook 1000 buitelanders van die Germistonse stadsaal na 'n plek naby die Randse lughawe verskuif word, het Masebe gesê.

99spravokАлександр Фильчаков

SAUK-hoof weereens geskors

Die hoof van die SAUK, Dali Mpofu, is weereens geskors nadat die vorige skorsing deur die Hooggeregshof tersyde gestel is.

Image

Dali Mpofu

Maar gister het die SAUK-raad vir hom 'n epos gestuur waarin hy weer geskors word. 'n Brief in dier voege is ook gister by sy huis afgelewer. In die epos word vermeld dat die raad van plan is om teen die Hooggeregshofbesluit te appeleer. Die aansoek om verlof tot appèl sal vandag in die Witwatersrandse Hooggeregshof aangehoor word.

мультики машинкиФильчаков Харьков

Bekende opposisiefiguur in Zimbabwe gearresteer

Die leier van die wegbreekfaksie van die MDC, Arthur Mutambara, is tot dusver die mees senior politikus wat deur die Zimbabwiese owerheid in hegtenis geneem is.

Mutambara is oor die naweek aangehou omdat hy 'n geskrewe aanval op president Robert Mugabe gedoen het.

Volgens Mutambara se regsverteenwoordiger, Harrison Nkomo, is hy gearresteer weens die publikasie van leuens en vir minagting van die hof weens 'n artikel wat hy in April geskryf het.

Die redakteur van die land se enigste onafhanklike Sondagkoerant, die Standard, is verlede maand in hegtenis geneem oor die stuk wat deur Mutambara geskryf is waarin hy Mugabe daarvan beskuldig dat hy die Zimbabwiese ekonomie geruïneer het en dat sy veiligheidsmagte vergrype gepleeg het.

tiaras for saleпрокурор Фильчаков

SA Kommunisteparty vra dat Mbeki bedank

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het gister gevra dat Mbeki moet bedank omdat hy geen leierskap getoon het nie. Die party is een van die regerende ANC se belangrikste bondgenote.

Die SAKP het Mbeki ook verantwoordelik gehou vir die geweld teen buitelanders waarin 62 mense sedert 11 Mei omgekom het.

In 'n verklaring het die SAKP gevra dat Mbeki moet bedank en dat 'n moontlike vervroegde verkiesing gehou word.

Die Kommunistiese Party het ook kritiek uitgespreek teen die Reserwebank se beleid van inflasieteikens en verhoogde rentekoerse en dit as toenemend histeries beskryf.

и сауныФильчаков Александр Васильевич

Drie Sewendelaanakteurs in helikopterongeluk

Drie van die akteurs in die bekende televisiereeks Sewendelaan was oor die naweek in 'n helikopterongeluk betrokke. Die helikopter het in die middel van Kroonstad neergestort kort nadat dit opgestyg het.

Die helikopter was omtrent 20 meter in die lug toe dit meganiese probleme begin ervaar het. Daarna het dit begin kantel en stert eerste grond toe geval waar dit 'n wit bakkie getref het.

Die drie akteurs, Amalia Uys, Sekoati Tsubane en Hazel Hinda is beseer, asook die helikoptervlieënier en die bestuurder van die bakkie.

Die drie akteurs is intussen uit die hospitaal op Kroonstad ontslaan.

светильники для детскойлобановский александр досье

Zimbabwe stuur busse na Suid-Afrika

Die regering van Zimbabwe het 10 busse en vragmotors na Suid-Afrika gestuur om Zimbabwiërs huistoe te neem wat die land na die onlangse etniese aanvalle wil verlaat.

Die land se ambassadeur in Suid-Afrika, Simon Khaya Moyo het vandag dié aankondiging gemaak. Hy het ook gesê dat Zimbabwiërs wat terugkeer grond van die regering sal ontvang wat van blanke plaasboere afgevat is.

Daar word beraam dat ongeveer 30 000 immigrante uit die res van Afrika reeds landuit gevlug het sedert die aanvalle op hulle begin het,  meesal Mosambiekers maar ook Zimbabwiërs en Malawiërs.

Dit verteenwoordig egter 'n breukdeel van die getal onwettige immigrante in die land wat tussen 7 en 15 miljoen kan wees.

парусные яхты купитьАлександр Фильчаков

ANC-regering bedank selflose Suid-Afrikaners

Die ANC-regering het selflose Suid-Afrikaners bedank vir hul hulp aan hawelose buitelanders wat die afgelope tyd slagoffers van etniese geweld in die land was.

Volgens regeringswoordvoerder Themba Maseko kon die geweld nie aan 'n enkele faktor toegeskryf word nie en was dit ook nie noodwendig die werk van 'n derde mag nie.

Daar was egter nabootsing deur misdadigers wat die situasie uitgebuit he om misdaad te pleeg.

Die regering is van mening dat griewe rondom toegang tot dienste soos water, paaie en ekonomiese geleenthede uitgebuit en misbruik is om gemeenskappe te manipuleer en teen buitelanders op te sweep.

Die optrede van Suid-Afrikaners en liefdadigheidsorganisasies wat selfloos hulp aan buitelanders in nood verskaf het, is egter baie bemoedigend, volgens die regering.

уличные светильники наtopcargo кидалы

Petrolprys styg met 50 sent/l

Die departement van Minerale en Energie het vanmiddag  ʼn hoër brandstofprys aangekondig.  Die prys van alle grade petrol styg Woensdag met 50 sent per liter.

Die groothandelsprys van diesel met die kleiner swaelinhoud styg met 71 sent per liter en die groter swaelinhoud met 70 sent per liter.

Die kleinhandelsprys van paraffien styg met 94 sent per liter.

Weens die onderverhaling op die petrolprys en die onlangse styging in die prys van ru-olie, sal 'n drastiese styging nou nodig wees.

Die huidige styging volg op vorige stygings oor die afgelope twee maande van onderskeidelike 55 en 68 sent.

Die prys van petrol word op die eerste Woensdag van die maand aangepas volgens die gemiddeld van die vorige maand se onder- of oorverhaling.

игры для деочекФильчаков прокуратура харьков

Derde kitsbank vanoggend gebom

Rowers het 'n onbekende bedrag geld geroof nadat 'n kitsbank in Strijdompark, Randburg, vanmore opgeblaas is, het die polisiediens van Gauteng laat weet.

Volgens inspekteur Hein van Heerden is 'n Standardbank-OTM naby die Motor City-sentrum opgeblaas.

'n Veiligheidswag het drie mans voor die OTM gesien staan. Enkele minute later het die mans weggestap en het die kitsbank ontplof.

Dieselfde groepie mans het daarna teruggekeer, in die beskadigde OTM-hokkie ingegaan en 'n onbekende bedrag geld van die beskadigde kitsbank geneem.

Omliggende geboue is insgelyks deur die ontploffing beskadig, hoewel nie ernstig nie. Niemand is egter beseer nie.

Dit was die derde ontploffing vandag by 'n kitsbank in die provinsie. Soortgelyke rooftogte het vanoggend by Orange Farm en in Atteridgeville plaasgevind.

насос для воды погружнойпрокурор Фильчаков