ANC verwelkom NGV-besluit oor myners

Die ministerie van justisie het Sondag die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se besluit om die moordklagte teen 270 Lonmin-mynwerkers te laat vaar, verwelkom.

“Ons verwelkom die besluit maar sal vir die formele verslag wag, soos versoek,” het Jeff Radebe, minister van justisie, gesê.

Die polisie het op 16 Augustus tydens ‘n betoging op ‘n heuwel naby Lonmin se Marikana-myn in die Noordwes op stakende mynwerkers geskiet. Altesaam 34 mynwerkers is in die botsing dood, en 78 gewond.

‘n Groep van 270 mynwerkers is in hegtenis geneem en aanklagte van onder meer moord is teen hulle gebring.

Die ANC het ook die nuus dat die werkers nie meer op moordklagte tereg sal staan nie, verwelkom.

“Hierdie besluit sal die Kommissie van Ondersoek wat deur die president in die lewe geroep is, toelaat om sy werk te doen, en dit sal die polisie help om voort te gaan met hulle ondersoeke,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die party, gesê.

topcargo отзывы сотрудников

Boere is nie ryk nie

“Dit is tyd dat die breë Suid-Afrikaanse bevolking ophou met onbillike kritiek op ons kommersiële boere en hulle belangrike bydrae begin besef. Dit is ook nodig dat die propaganda mites dat dit baie goed gaan met die kommersiële boere en die rassistiese stelling dat ‘alle wit boere ryk is’, die nek ingeslaan word,” het dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye gesê.

Dr. Mulder was die naweek die spreker by die Dorpers Skaaptelersvereniging se jaarlikse prysuitdelingsfunksie by Hartebeespoort. Die geleentheid is ook bygewoon deur ‘n besoekende groep landbouers van Brasilië en landbouers van Zimbabwe.

“Die feite is dat meer as 50% van die Suid-Afrikaanse kommersiële landbouers ‘n jaarlikse omset van minder as R300 000 het. So ‘n boerderye werk op ‘n verlies uit of het ‘n baie lae winsgrens. Slegs 5400 of ongeveer 12% van die landbouers het ‘n omset van meer as R2 miljoen per jaar. Dit is gelyk aan ‘n gemiddelde besigheid in die sakebedryf,” volgens Mulder.

Dr. Mulder het daarop gewys dat Minister van Ekonomiese sake, min. Patel onlangs daarop gewys het dat 95% van alle voedsel wat in Suid-Afrika geproduseer word, deur die kommersiële boere geproduseer word. “Dit maak hulle van uiterste strategies belang as oor die toekoms en oor politieke stabiliteit in Suid-Afrika in die toekoms gepraat word,” het dr. Mulder gesê.

Hy het ook daarop gewys dat 40% van alle beeste in Suid-Afrika deur klein- en bestaansboere in Suid-Afrika besit word. Hierdie boere maak egter slegs ‘n 5% bydrae tot vleisproduksie in Suid-Afrika. “Met ‘n bietjie moeite en hulp kan hierdie sektor ontwikkel word om ‘n groter bydrae te maak en terselfdertyd te help om armoede in die landelike gebiede te verlig” het Mulder gesê.

лобановский обыск

Marikana-slagoffers ruk op teen onreg

‘n Protesoptog sal volgende week gehou word ter onderskraging van die Marikana-mynwerkers, het die Marikana-solidariteitskomitee Saterdag gesê.

“Die doel van die optog is ten eerste om die massamoord te veroordeel en om die onmiddellike vrylating van die werkers wat in hegtenis geneem is, te eis,” het Martin Jansen, die groep se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Jansen het gesê die komitee wil ook ‘n onafhanklike ondersoek hê na die dood van die 34 Marikana-mynwerkers.

“Ons eis ‘n onafhanklike ondersoek na die msaasmoord wat ook die getuienis van werkers by al die myne en van die myngemeenskappe insluit,” het Jansen gesê.

Pres. Jacob Zuma het intussen gesê hy sal nié die 270 mynwerkers van Marikana wat van moord aangekla word, vrylaat soos hulle regsverteenwoordigers gevra het nie.

“Die president kan nie aan dié eis gehoor gee nie,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ‘n verklaring gesê.

“President Zuma sal nie by die werk van die Marikana-kommissie of enige ander prosesse inmeng nie, insluitend die vervolging van diegene wat met die tragedie verbind word.”

Die mynwerkers se regsverteenwoordigers, Maluleke, Msimang en Vennote, het Vrydag volgens berigte ‘n brief aan die president gestuur waarin hy gevra word om die werkers teen 13:00 Sondag vry te laat.

City Press het berig ‘n aansoek kan selfs by die hooggeregshof ingedien word om Zuma te dwing om die werkers vry te laat.

Maharaj het gesê die president sal die onafhanklikheid van alle instellings respekteer.

“Insluitend [die instellings] in die regsfeer, wat hulle verantwoordelikhede moet kan nakom sonder vrees, begunstiging of inmenging,” het hy gesê.

Die polisie het op 16 Augustus tydens ‘n betoging op ‘n heuwel naby Lonmin se Marikana-myn in die Noordwes op stakende mynwerkers geskiet. Altesaam 34 mynwerkers is in die botsing dood, en 78 gewond.

‘n Groep van 270 mynwerkers is in hegtenis geneem en ‘n aanklag van openbare geweld is teen hulle aanhangig gemaak.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag aangekondig dat die werkers ook tereg sal staan op aanklagte van moord vir die dood van hulle kollegas.

топкарго развод

SEB-posbeskrywing is ‘rassisties’

Bewerings van “woedende studente” word gemaak deur die media oor ‘n “rassistiese” advertensieplakkaat op ‘n manskoshuis by die Universiteit van Pretoria (Tuks) se inligtingsbord.

Praag kon egter nog geen woedende student opspoor nie, en selfs studente by Kiaat was nie bewus van die voorval nie.

Die bewoording van die advertensie vir ‘n skoonmakerspos het nie gelees “Swart Ekonomiese Bemagtiging” (SEB) nie, maar dat die kandidaat “swart moet wees”.

Die bewoording, wat by die Kiaat-manskoshuis vertoon is, is as rassisties beskryf, berig Eyewitness News.

Toilette moet volgens die posbeskrywing binne en buite die klubhuis skoongemaak word en “kandidate moet swart wees”, lui dit.

Die koshuishoof van Kiaat, sê die komiteelede wou die meer verteenwoordigend van Suid-Afrika se demografie wees.

Die advertensieplakkaat met dié edele bedoeling is egter deur Tuks se bestuur verwyder en die kommunikasiedepartement het gesê ‘n ondersoek na die voorval is van stapel gestuur. Die klubhuiskomiteelede sal of geskors word of ‘n nuwe komitee sal glo verkies word.

Александр Фильчаков прокурор

Malema veroordeel aanklag teen myners

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Donderdag gesê om die 270 mynwerkers van moord aan te kla is waansin.

“Die polisiebeamptes wat die mense doodgeskiet het is nie in aanhouding nie, nie eens een van hulle nie. Dit is waansin,” het hy aan betogers by die Ga-Rankuwa- landdroshof, buite Pretoria, gesê.

“Die hele wêreld het gesien hoe die polisiebeamptes die mense doodgeskiet het. Ons het die prokureurs [wat die 270 mans verteenwoordig] gevra om dit te oorweeg om ‘n dringende aansoek by die hof in te dien.”

Malema het tydens die borgaansoek van die groep mynwerkers gepraat.

Hy het gesê reëlings is getref dat die groep by die Pretoria Sentraal-gevangenis en die Mogwase-gevangenis, in die Noordwes, aangehou word.

“Die groep sal nie met ander gevangenes wat reeds vonnisse uitdien geplaas word nie. Hul families sal toegelaat word om hulle te besoek,” het Malema gesê.

Intussen is die borgtogaansoek van die 270 mans Donderdag in die Ga-Rankuwa- landdroshof uitgestel.

Landdros Esau Bodigelo het gesê die beskikbare inligting was nie voldoende om met hul borgaansoeke te begin nie.

Bodigelo het die staat se versoek om uitstel goedgekeur en gesê dit is in die belang van die gereg dat die staat die geleentheid kry om beter voor te berei.

Die beskuldigdes sal dus vir ‘n verdere sewe dae in aanhouding bly.

Die saak is tot volgende week uitgestel.

Die mynwerkers se prokureur, Lesego Mmusi, het vroeër gevra dat al die mans vrygelaat moet word omdat sommige van hulle medikasie vir tuberkulose en MIV/vigs benodig.

лобановский александр игоревич

Paaie in Sandton versper vir Blair

Paaie in Sandton sal vanaf 13:00 tot 17:00 gesluit wees vir ‘n betoging by die Discovery-leierskapberaad, het die Johannesburgse metro-polisie gesê.

Motoriste word aangeraai om Alice-laan en 5de straat te vermy aangesien dié paaie Donderdagmiddag afgesper sal word, het supt. Wayne Minnaar gesê.

“Betogers beplan om omstreeks 14:00 by die Alice-laan-kruisings bymekaar te kom,” het hy gesê.

Minnaar sê daar sal ‘n sterk polisie-teenwoordigheid wees.

Al Jama-ah, ‘n Moslem- politieke party, het vroeër vandeesweek gesê hy sal buite die Sandton-konvensiesentrum ‘n optog teen Tony Blair, voormalige premier van Brittanje, hou. Die beraad word hier gehou.

Ganief Hendricks, leier van die party, het gesê die betoging word gehou om ‘n lasbrief vir inhegtenisname om hom vir misdade teen die mensdom aan te kla, te ondersteun.

Hendricks sê dié beweerde misdade hou verband met die “inval in Irak, wat miljoene Irakiërs se lewens geëis het.”

“Ons hoop een of meer betogers sal ‘n burgerlike inhegtenisneming op die dag kan maak en Tony Blair in die tronk sit en hom aan Den Haag [Nederland] vir ‘n verhoor uitlewer.”

лобановский александр дети

FW de Klerk het Marxistiese oorname van SA in NP-propagandapamflet van 1977 voorspel!

In ‘n NP-propagandapamflet van Junie 1977 met die titel “Skietgoed”, wat deur mnr. F.W. de Klerk self opgestel is, voorspel hy die negatiewe gevolge van mev. Helen Suzman en die destydse PRP se beleid van uiteindelike swart meerderheidsregering. (Klik op die pamflet hiernaas om dit te vergroot.)

De Klerk meen dat die gevolg van die PRP se destyds liberale beleid ‘n “ongekende magstryd” tot gevolg sou hê, “wat onvermydelik sal uitloop op die ontwrigting van wet en orde, van die ekonomie, van rasseharmonie en van vrede; en dat die PRP se beleid ‘n bloudruk is vir die ondergang van die witman en dat dit alle minderheidsgroepe sal uitlewer aan die genade van die magsgroep – en dit kan selfs ‘n groep wees wat die Marxisme aanvaar – wat as oorwinnaars uit die magstryd sal tree.”

In 1990 het mnr. De Klerk egter veel verder as mev. Helen Suzman – wat ‘n federasie bepleit het – gegaan en meerderheidsregering in ‘n eenheidstaat ingestel.

Wat dink u, liewe leser, klink mnr. FW de Klerk se voorspelling uit Junie 1977 ‘n bietjie soos die huidige Suid-Afrika? Stem ook hiernaas in ons peiling oor dié kwessie.

Александр Фильчаков Васильевич

Voedselveiligheidnavorsing onder druk

Gebrek aan befondsing dreig om die land se voorste kos en voedingnavorsingslaboratoria, wat die veiligheid van voedsel ondersoek, te sluit.

Die voorgestelde sluitings is bespreek tussen die president van die Mediese Navorsingsraad, Professor Salim Karim, en die direkteure van die 23-navorsing die eenhede.

Volgens Karim, het die raad besluit om te “herstruktureer” omdat sy begroting beraam op R400-miljoen gegroei het met slegs 3,5% per jaar die afgelope vier jaar.

“Ons kan nie volhou met al 23 eenhede nie. Ons moet die top 10 oorsake van dood asook die top 10 oorsake van dood en siekte prioritiseer.”

“Toestande veroorsaak deur onveilige voedsel haal nie die top 20-lys van sterftes nie, en ook nie voeding nie, alhoewel dit is ‘n onderliggende oorsaak van sekere ongesteldhede in die top 10 oorsake van dood is,” het hy gesê.

Die top 10 oorsake van dood in Suid-Afrika is:

1) MIV (31,6% van die sterftes)

2) Serebrale vaskulêre siekte (5,9%)

3) Hipertensiewe hartsiekte (5.8%)

4) TB (5.6%)

5) Laer lugweginfeksie (5.4%)

6) Iskemiese hartsiekte (4.5%)

7) Diarreale siektes (4,2%)

8) Interpersoonlike geweld (3,7%)

9) Padongelukbeserings (2,1%)

10) Diabetes (2.1%)

Александр Фильчаков прокурор

Hongersnood dreig in Zim

Die VN-voedsel-agentskap het gesê hongersnood in Zimbabwe sal vererger na wisselvallige reën, tekorte van saad en kunsmis en “swak landbou praktyke” in die moeilike ekonomie.

Dit, het die VN gesê, het gelei tot ‘n vermindering in die aantal lande wat verbou is met die belangrikste stapelvoedsel. Die World Food Programme het gesê dat graanoeste in die huidige seisoen deur ‘n beraamde een derde in vergelyking met verlede jaar gedaal het. Daar word gesê oor 1.1 miljoen landelike mense sal voedselhulp nodig hê tot Desember, wat sal styg tot 1.6 miljoen in die tradisioneel “maer maande” tot Maart.

Die agentskap se jongste bulletin het Dinsdag gesê $119 miljoen is nodig vir die komende voedselhulp. Daar word gesê dat voedseltekorte veral krities in die dorre suidelike Zimbabwe is.

Александр Фильчаков

Tutu weier om verhoog met Blair te deel

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het hom van ‘n leierskapsberaad in Johannesburg onttrek omdat die voormalige Britse premier, Tony Blair, dit gaan bywoon, het sy kantoor Dinsdag gesê.

“Die aartsbiskop het die afgelope paar dae daaroor nagedink en met raadgewers oorleg gepleeg [om te besluit] of hy die beraad moet bywoon,” het ‘n verklaring gelui.

“Die aartsbiskop glo dat mnr. Blair se ondersteuning vir Amerika om Irak binne te val op grond van onbevestigde bewerings dat Irak wapens vir massavernietiging versteek, nie geregverdig was nie.

Volgens die verklaring is dit “nie gepas” dat Tutu ‘n platform met Blair deel nie.

“Die aartsbiskop is jammer dat hy die organiseerders en deelnemers van die Discovery Invest-leierskapsberaad teleurstel.”

Blair is een van die sprekers by die beraad wat Donderdag by die Sandton-konferensiesentrum gaan plaasvind.

Die politieke aktivis Garri Kasparof sal na verwagting ook ‘n spreker wees. Kasparof is ‘n ondersteuner van die skaduagtige feministiese Russiese punkgroep, Pussy Riot.

Die Moslem-party Al Jama-aa het Maandag gesê hy beplan om tydens Blair se toespraak ‘n betoging buite die konferensiesentrum te hou.

прокурор Фильчаков