SEB-posbeskrywing is ‘rassisties’

Bewerings van “woedende studente” word gemaak deur die media oor ‘n “rassistiese” advertensieplakkaat op ‘n manskoshuis by die Universiteit van Pretoria (Tuks) se inligtingsbord.

Praag kon egter nog geen woedende student opspoor nie, en selfs studente by Kiaat was nie bewus van die voorval nie.

Die bewoording van die advertensie vir ‘n skoonmakerspos het nie gelees “Swart Ekonomiese Bemagtiging” (SEB) nie, maar dat die kandidaat “swart moet wees”.

Die bewoording, wat by die Kiaat-manskoshuis vertoon is, is as rassisties beskryf, berig Eyewitness News.

Toilette moet volgens die posbeskrywing binne en buite die klubhuis skoongemaak word en “kandidate moet swart wees”, lui dit.

Die koshuishoof van Kiaat, sê die komiteelede wou die meer verteenwoordigend van Suid-Afrika se demografie wees.

Die advertensieplakkaat met dié edele bedoeling is egter deur Tuks se bestuur verwyder en die kommunikasiedepartement het gesê ‘n ondersoek na die voorval is van stapel gestuur. Die klubhuiskomiteelede sal of geskors word of ‘n nuwe komitee sal glo verkies word.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae