Iran: Dis die radarstelsel

Sewe maande gelede het Israel en die VSA ‘n yslike gesamentlike militêre oefening uitgestel nadat kommer oor Israel se plan om ‘n aanval teen Iran te loods, toegeneem het.

Een van die doelwitte van die oefening sou wees om “interoperationele samewerking te verbeter”

Ingeligte bronne in albei lande sê egter die oefening sal nou plaasvind maar die VSA sal hul troepe met twee-derdes verminder. Ipv 5 000 sal slegs 1 200 manskappe deelneem.

Die Patriotmissielafweerstelsel sal steeds na Israel versend word, maar nie die opgeleide personeel om dit te bedryf nie.

Die amptelike Amerikaanse verklaring is ‘n begrotingstekort, maar kenners meen die beduidende veranderinge kom agv die spanning tussen Israel en die VSA oor ‘n beplande aanval op Iran.

Gen. Martin Dempsey, stafhoofdevoorsitter, sê die VSA wil nie deelagtig wees aan Israel se besluit om Iran aan te val nie.

Een strategiese ontleder sê die vertroue tussen die twee lande is tans op ‘n laagtepunt.

Alhoewel die VSA die baie kragtige X-bandradarstelsel in die Negevwoestyn ontplooi het, mag slegs die Amerikaners die skerms van die stelsels beman. Dié reëling inhibeer tot dusver Israel se vermoë om Iran op hul eie aan te val, aangesien die VSA sewe minute vroeër as Israel waarskuwing van ‘n Iranese aanval sal ontvang. Israel se bestaande radarstelsel is nie kragtig genoeg nie.

 

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae