M&G, Die Burger fabriseer ‘voetewassery’ deur Dagbreekmanskoshuis

Die Mail & Guardian, asook die Kaapse Afrikanerhaatblad, Die Burger, het ‘n storie gefabriseer rondom die Dagbreekmanskoshuis aan Stellenbosch wat “vir apartheid om verskoning sou gevra het”.

Volgens ‘n inwoner wat op die Mail & Guardian en Die Burger se kommentaarafdelings geskryf het, is daar nooit ‘n stemming daaroor gehou nie en het die oudprimarius Pieter Nel so ‘n verklaring aan die media uitgereik sonder dat die inwoners in die saak geken is. Die Dagbreek-inwoner skryf:

“Ek is in Dagbreek en het nooit gestem oor hierdie saak nie. Dit is egter ons oudprimarius wat nou oorgee, wat agter ons rug gegaan het en die besluit self gemaak het. Hy het ons almal in die steek gelaat, nie om jammer te sê nie maar oor die feit dat hy nie die korrekte riglyne gevolg het om die res van die inwoners (400) eers in kennis te stel van die saak nie.

Dit is ‘n blatante leun om te sê Dagbreek vra om verskoning, dit is net nie waar nie, al was dit so deurgegee aan die pers.”

Pieter Nel en drie ander inwoners van die koshuis het aan die Mail & Guardian verklaar dat hulle “deur die optrede van die vorige veiligheidsminister, Adriaan Vlok, geïnspireer is nadat hulle hom verlede week ontmoet het toe hy ‘n toespraak rondom sy verskoning oor sy apartheidsrol  gelewer het”.

Vlok het ‘n landwye opskudding veroorsaak toe hy enkele jare gelede die voete van eerwaarde Frank Chikane, ‘n radikale swart teoloog, gaan was het.

Dr. Roodt van PRAAG, wat vanoggend kritiese kommentaar op die beweerde “voetewassery” by Dagbreekkoshuis gelewer het, meen dat “indien dit die geval is dat die Mail & Guardian en Die Burger op loop gegaan het oor die studente se ‘apartheidsverskoning’ verteenwoordig dit ‘n blatante ootreding van die Perskode en behoort die huidige huiskomitee van Dagbreek ‘n klag by die Persombudsman te lê.”

PRAAG is reeds deur studente genader wat ontsteld is oor die jongste voorbeeld van vernederende politieke eise wat aan jongmense gestel word. Die aksiegroep is van plan om met studente en jongmense hieroor in gesprek te tree en hulle te oortuig om nie aan enige voetewassery in die Vlok-styl of sogenaamde verskonings vir apartheid betrokke te raak nie.

“Die Orwelliaanse heerskappy van die Leuen moet in Suid-Afrika uitgedaag word,” het dr. Dan Roodt gesê. “Sowel die koloniale mynmaatskappye in die land as linkse terroriste wat die moorddadige bewinde van Kuba, Oos-Duitsland en die voormalige U.S.S.R. gesteun het, het veel meer om oor verskoning te vra as Afrikaners of selfs die gemiddelde NP-kieser uit die verlede. Ons jongmense is ingelyks vandag die slagoffers van die rassisme en haat van die Nazi-agtige ANC-bewind. Van Die Burger verwag ‘n mens niks anders as leuens en propaganda nie, maar dis betreurenswaardig dat die Mail & Guardian hom aan so ‘n berig kan skuldig maak.”

Roodt het ‘n beroep op Afrikaanse studente gedoen om “weerstand teen propaganda en sielkundige aanvalle op die Afrikanerminderheid te bied”.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae