VSA, Duitsland wil Israel isoleer oor Iran

Israel se premier Netanyahu het glo op die Amerikaanse ambassadeur begin skree oor Obama se Iran-beleid, berig die Jerusalem Post.

Die diplomatieke geskree met die Amerikaanse ambassadeur Dan Shapiro oor die Amerikaanse president Barack Obama se hantering van Iran se kernprogram, het die Israelse premier glo genoop om te sê “Die tyd het opgeraak vir diplomasie”.

Volgens die verslag, wat die Jerusalem Post nie onafhanklik kon bevestig nie, het Netanyahu met Shapiro en Republikeinse kongreslid Mike Rogers, wat Israel besoek het, vroeër in die week ontmoet.

“Obama en sy mense druk ons om nie die kernfasiliteite aan te val nie,” het die bron Netanyahu aangehaal. Hy het gesê dit is strydig met die VSA se onderneming vroeër om Israel by te staan teen Iran.

Angela Merkel, Duitsland se bondkanselier, het Netanyahu intussen aangemoedig om nie militêre optrede teen Iran te oorweeg nie.

Volgens ‘n Israeliese koerant, Haaretz, het Merkel Netanyahu 10 dae terug gebel om haar teenstand teen die aanvalle uit te spreek.

Merkel het Netanyahu glo aangemoedig om eers tyd te gee sodat sankies hulle werk kan doen en het hom ook gewaarsku dat so ‘n aanval baie gevolge kan hê vir sekuriteit in die Midde-Ooste.

Netanyahu se woordvoerder het geweier om die bewerings van Merkel se oproep te bevestig.

Israel en sy hoof bondgenoot Amerika beskuldig Iran daarvan dat hulle kernwapens ontwikkel, maar Iran dring daarop aan dat sy kernprogram net vir burgerlike gebruik is.

Netanyahu het vir die Amerikaanse kongreslid verlede Vrydag vertel dat Iran sy mikpunt om ‘n kern-arsenaal op te bou verhaas het.

Merkel het glo ook gesê dat ‘n aanval erge gevolge vir die Europese Unie kan inhou. Sy het ook volgehou dat sanksies teen Iran eers genoeg tyd gegee moet word om hul tol te eis.

Netanyahu het Donderdag gesê hy gaan by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in September die waarheid oor “Iran se regime van vrees” vertel.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae