In ‘n NP-propagandapamflet van Junie 1977 met die titel “Skietgoed”, wat deur mnr. F.W. de Klerk self opgestel is, voorspel hy die negatiewe gevolge van mev. Helen Suzman en die destydse PRP se beleid van uiteindelike swart meerderheidsregering. (Klik op die pamflet hiernaas om dit te vergroot.)
De Klerk meen dat die gevolg van die PRP se destyds liberale beleid ‘n “ongekende magstryd” tot gevolg sou hê, “wat onvermydelik sal uitloop op die ontwrigting van wet en orde, van die ekonomie, van rasseharmonie en van vrede; en dat die PRP se beleid ‘n bloudruk is vir die ondergang van die witman en dat dit alle minderheidsgroepe sal uitlewer aan die genade van die magsgroep – en dit kan selfs ‘n groep wees wat die Marxisme aanvaar – wat as oorwinnaars uit die magstryd sal tree.”
In 1990 het mnr. De Klerk egter veel verder as mev. Helen Suzman – wat ‘n federasie bepleit het – gegaan en meerderheidsregering in ‘n eenheidstaat ingestel.
Wat dink u, liewe leser, klink mnr. FW de Klerk se voorspelling uit Junie 1977 ‘n bietjie soos die huidige Suid-Afrika? Stem ook hiernaas in ons peiling oor dié kwessie.
