Malema veroordeel aanklag teen myners

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Donderdag gesê om die 270 mynwerkers van moord aan te kla is waansin.

“Die polisiebeamptes wat die mense doodgeskiet het is nie in aanhouding nie, nie eens een van hulle nie. Dit is waansin,” het hy aan betogers by die Ga-Rankuwa- landdroshof, buite Pretoria, gesê.

“Die hele wêreld het gesien hoe die polisiebeamptes die mense doodgeskiet het. Ons het die prokureurs [wat die 270 mans verteenwoordig] gevra om dit te oorweeg om ‘n dringende aansoek by die hof in te dien.”

Malema het tydens die borgaansoek van die groep mynwerkers gepraat.

Hy het gesê reëlings is getref dat die groep by die Pretoria Sentraal-gevangenis en die Mogwase-gevangenis, in die Noordwes, aangehou word.

“Die groep sal nie met ander gevangenes wat reeds vonnisse uitdien geplaas word nie. Hul families sal toegelaat word om hulle te besoek,” het Malema gesê.

Intussen is die borgtogaansoek van die 270 mans Donderdag in die Ga-Rankuwa- landdroshof uitgestel.

Landdros Esau Bodigelo het gesê die beskikbare inligting was nie voldoende om met hul borgaansoeke te begin nie.

Bodigelo het die staat se versoek om uitstel goedgekeur en gesê dit is in die belang van die gereg dat die staat die geleentheid kry om beter voor te berei.

Die beskuldigdes sal dus vir ‘n verdere sewe dae in aanhouding bly.

Die saak is tot volgende week uitgestel.

Die mynwerkers se prokureur, Lesego Mmusi, het vroeër gevra dat al die mans vrygelaat moet word omdat sommige van hulle medikasie vir tuberkulose en MIV/vigs benodig.

лобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae