Jeugliga hou optog oor skoolboeke

Betogers van die ANC-jeugliga het Donderdagmiddag by Limpopo se departement van onderwys in Polokwane opgedaag.

Die betogers wou ‘n memorandum aan Dickson Masemola, LUR vir onderwys, oorhandig. Hulle dring daarop aan dat handboeke by skole in die provinsie afgelewer word.

Die optog het onder streng polisie-bewaking by die SABC-park begin.

Leerlinge van die Moruleng- en Mohlakaneng-skole, in Seshego buite Polokwane, het ook aan die optog deelgeneem.

Die departement van onderwys sê hy is teleurgesteld dat lede van die Jeugliga skole ontwrig.

Лобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae