Tutu weier om verhoog met Blair te deel

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het hom van ‘n leierskapsberaad in Johannesburg onttrek omdat die voormalige Britse premier, Tony Blair, dit gaan bywoon, het sy kantoor Dinsdag gesê.

“Die aartsbiskop het die afgelope paar dae daaroor nagedink en met raadgewers oorleg gepleeg [om te besluit] of hy die beraad moet bywoon,” het ‘n verklaring gelui.

“Die aartsbiskop glo dat mnr. Blair se ondersteuning vir Amerika om Irak binne te val op grond van onbevestigde bewerings dat Irak wapens vir massavernietiging versteek, nie geregverdig was nie.

Volgens die verklaring is dit “nie gepas” dat Tutu ‘n platform met Blair deel nie.

“Die aartsbiskop is jammer dat hy die organiseerders en deelnemers van die Discovery Invest-leierskapsberaad teleurstel.”

Blair is een van die sprekers by die beraad wat Donderdag by die Sandton-konferensiesentrum gaan plaasvind.

Die politieke aktivis Garri Kasparof sal na verwagting ook ‘n spreker wees. Kasparof is ‘n ondersteuner van die skaduagtige feministiese Russiese punkgroep, Pussy Riot.

Die Moslem-party Al Jama-aa het Maandag gesê hy beplan om tydens Blair se toespraak ‘n betoging buite die konferensiesentrum te hou.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae