“Ons verwelkom die besluit maar sal vir die formele verslag wag, soos versoek,” het Jeff Radebe, minister van justisie, gesê.
Die polisie het op 16 Augustus tydens ‘n betoging op ‘n heuwel naby Lonmin se Marikana-myn in die Noordwes op stakende mynwerkers geskiet. Altesaam 34 mynwerkers is in die botsing dood, en 78 gewond.
‘n Groep van 270 mynwerkers is in hegtenis geneem en aanklagte van onder meer moord is teen hulle gebring.
Die ANC het ook die nuus dat die werkers nie meer op moordklagte tereg sal staan nie, verwelkom.
“Hierdie besluit sal die Kommissie van Ondersoek wat deur die president in die lewe geroep is, toelaat om sy werk te doen, en dit sal die polisie help om voort te gaan met hulle ondersoeke,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die party, gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.