Die voormalige staatshoof se skoondogter, Nicole Noordien, is besig om van De Klerk se seun, Willem, te skei.
Sy eis tans R33 000 per maand se onderhoud van De Klerk, snr., omdat sy seun nie die toelae gereeld betaal nie, het die koerant berig.
‘n Landdros in Randburg het beveel dat De Klerk teen Maandag besonderhede oor sy geldsake moet voorlê. Die Suid-Gautengse hooggeregshof het egter ‘n dringende aansoek deur De Klerk toegestaan waarin hy gevra het dat sy finansiële posisie nie openbaar gemaak word nie.
Die interdik is slegs toegestaan hangende die uitslag van ‘n hersieningsproses in dieselfde hooggeregshof.
De Klerk het in hofdokumente beweer hy ondersteun sy seun en twee kleindogters finansieel sedert die egskeiding. Die geld is afkomstig uit die Fredek-trust, wat vir sy kinders en kleinkinders opgerig is.
“Ek verwag my verskyning in die Randburg-hof sal wye publisiteit lok en die gepaardgaande kommentaar kan ‘n negatiewe impak op my privaatheid en reputasie hê,” het hy volgens Rapport in hofdokumente gesê.
Beide oudpresident De Klerk en sy seun sal Maandag weer in die Randburg-landdroshof verskyn.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.