praag.co.za

Franse vrou sterf aan dwelmoordosis by SA-ambassade

Aanklaers het ‘n ondersoek Sondag geopen na die dood van ‘n jong Franse vrou by die woning van ‘n ​​Suid-Afrikaanse diplomaat in Parys, het ‘n bron gesê. Dit was glo aan huis van die eerste sekretaris, FK Matras, maar praag.co.za kon nie bevestiging kry nie. Daar was glo ses mense by die geselligheid teenwoordig.

‘n Nadoodse ondersoek sal plaasvind Maandag, het die bron gesê, nadat die vrou se liggaam by die diplomaat se huis Saterdag ontdek is.

Polisiebronne het gesê volgens Europe 1-radio het die 26-jaar-oue vrou ‘n partytjie by die diplomaat se huis bygewoon en ophou asemhaal nadat sy gaan slaap het Saterdagmiddag.

Die bronne het aan die radiostasie gesê dat partytjie-gangers beweer het dat die vrou dwelms geneem het, insluitende kokaïen. Die Franse polisie sal die ook die oorsprong van die dwelms ondersoek en ‘n saak is geopen by die Paryse hof.

Die eerste sekretaris word beskerm deur diplomatieke immuniteit, maar het reeds aangedui dat hy sal saamwerk met die ondersoekers. ‘n Toksilogiese ondersoek sal Maandag tesame met die lykskouing onderneem word, het die Franse owerhede gesê.

“Dit is nog nie op hierdie stadium nodig om enige persoon in hegtenis te neem nie,” het die bron verklaar.

Фильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply