praag.co.za

Boere is nie ryk nie

Written by

in

“Dit is tyd dat die breë Suid-Afrikaanse bevolking ophou met onbillike kritiek op ons kommersiële boere en hulle belangrike bydrae begin besef. Dit is ook nodig dat die propaganda mites dat dit baie goed gaan met die kommersiële boere en die rassistiese stelling dat ‘alle wit boere ryk is’, die nek ingeslaan word,” het dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van landbou, bosbou en visserye gesê.

Dr. Mulder was die naweek die spreker by die Dorpers Skaaptelersvereniging se jaarlikse prysuitdelingsfunksie by Hartebeespoort. Die geleentheid is ook bygewoon deur ‘n besoekende groep landbouers van Brasilië en landbouers van Zimbabwe.

“Die feite is dat meer as 50% van die Suid-Afrikaanse kommersiële landbouers ‘n jaarlikse omset van minder as R300 000 het. So ‘n boerderye werk op ‘n verlies uit of het ‘n baie lae winsgrens. Slegs 5400 of ongeveer 12% van die landbouers het ‘n omset van meer as R2 miljoen per jaar. Dit is gelyk aan ‘n gemiddelde besigheid in die sakebedryf,” volgens Mulder.

Dr. Mulder het daarop gewys dat Minister van Ekonomiese sake, min. Patel onlangs daarop gewys het dat 95% van alle voedsel wat in Suid-Afrika geproduseer word, deur die kommersiële boere geproduseer word. “Dit maak hulle van uiterste strategies belang as oor die toekoms en oor politieke stabiliteit in Suid-Afrika in die toekoms gepraat word,” het dr. Mulder gesê.

Hy het ook daarop gewys dat 40% van alle beeste in Suid-Afrika deur klein- en bestaansboere in Suid-Afrika besit word. Hierdie boere maak egter slegs ‘n 5% bydrae tot vleisproduksie in Suid-Afrika. “Met ‘n bietjie moeite en hulp kan hierdie sektor ontwikkel word om ‘n groter bydrae te maak en terselfdertyd te help om armoede in die landelike gebiede te verlig” het Mulder gesê.

лобановский обыск

Comments

Leave a Reply