Malema sit steeds vas in Kuba

EFF-leier Julius Malema, wat Havana besoek het om betrekkinge met die oorlede Fidel Castro se oorblywende kommuniste te gaan sement by sy begrafnis aan die begin van die maand, is reeds ‘n paar keer in die straat van die stad opgemerk en hy is blykbaar nog steeds nie van plan om terug te keer na Suid-Afrika nie.

Of miskien duur die houtwerk-savant se kommunistiese opvoeding langer as gewoonlik. Kuba het ‘n een-oes ekonomie van suikerriet met ‘n uiters beperkte binnelandse mark. Die kleurlingbevolking word gekenmerk deur chroniese werkloosheid en diep armoede.

Onder Castro, ‘n Jesuïet, het die plek stelselmatig agteruitgegaan en sy kritici is opgesluit en gemartel. Van spraak- en persvryheid was daar nog nooit sprake in Kuba nie.

Malema het op sy Instagram rekening die foto gedeel onder sy aanhangers met die opskrif “Stap in die strate van #Havana met my broer Jesus Mora.”

Die Mores karakter was onlangs deel van ‘n Kubaanse afgevaardiging wat ‘n uitgebreide werksprogram in België en Luxemburg onderneem het met vergaderings in die wetgewende liggame van die twee lande, sowel as ‘n vergadering in die hoofkwartier van die Europese Parlement in Brussel.

Intussen stroom Europese besoekers, ideologies verblind deur die popelende propaganda van die “wonderlike leier” na die haglike eilandjie waar die voertuie in die begrafnisstoet van die ontslape Castro ook gebreek het tydens die lewendige uitsending van sy staatsbegafnis.

ANC-jeugliga wil Kaapse wynplase beset

As ‘n daling in die rand die prys is wat die ANC moet betaal om beheer van die ekonomie oor te neem, dan moet dit maar so wees, sê Collen Maine, die president van die ANC-jeugliga.

Maine het gister ‘n toespraak gelewer by ‘n lesing oor ekonomiese vryheid wat deur die Jeugliga in Durban georganiseer is. Volgens Maine is die geldeenheid “problematies” en verteenwoord die Nasionale Tesourie “die ANC se grootste probleem”.

“Ons word aanmekaar met rommelstatus gedreig. Ons moet optree. Indien die rand moet daal, moet hy maar daal. As hy styg, moet dit ons wees wat in beheer is,” het hy gesê. “Die rand is problematies. Gedurende die verkiesings, toe daar gesê is dat die ANC nie goed doen in die metro’s nie, het die rand versterk. Waarom is ons banger vir die graderingsagentskappe en markte as vir die mense van Suid-Afrika?”

Betreffende Des van Rooyen wat deur Jacob Zuma as minister van finansies aangestel is, maar agterna weer afgedank is, het hy aan Zuma op die verhoog gevra: “Waarom het aan die druk toegegee?”

Nasionale Demokratiese Revolusie

Volgens Maine is dit moeilik om te sê of die nasionale demokratiese revolusie steeds op koers is. “Ek sê vir mense ‘ja en nee’. ‘Ja’ omdat ons baie bereik het, maar ‘nee’ omdat die ANC deur leiers geïnfiltreer is wat aan iemand anders verslag doen.”

“Suid-Afrikaners se geduld raak op,” het Maine aan die 1500 lede van die gehoor gesê.

Hy het voortgegaan deur te sê dat die ANC hom van “beskermers van kapitaal” moet suiwer.

“Daar is diegene binne die ANC-leierskap wat ná 1994 gemaklik geraak het. Hulle ry Duitse motors en het die revolusie uitgestel,” meen hy. “Ons wil ons grond terughê, ons wil ons mineral terughê. Ons wil nasionalisering van die Reserwebank hê.”

Geslaagde revolusies

Slegs die jeug kan geslaagde revolusie lei, het hy gesê. Daar was diegene in die uitvoerende strukture van die party wat ‘n beroep gedoen het om openbare maatskappye te privatiseer, soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens. “Openbare maatskappye moet nie geprivatiseer word nie. Die probleem is weereens die Tesourie,” het hy gesê, terwyl hy dit gekwalifiseer het deur by te voeg dat hy nie noodwendig na die minister van finansies, Pravin Gordhan, verwys nie, maar die hele departement.

Weereens het hy hom tot Zuma gerig en gesê: “Meneer die president, ons praat van radikale ekonomiese transformasie, maar —met respek — daar word slegs lippediens (aan die revolusie) bewys.

Die ANC het nie die vryheidstryd gevoer om kospakkies aan die armes uit te deel nie, het hy gesê. “Ek haat kospakkies. Ons mense wil die eienaars van die produksiemiddele wees, hulle kan hul eie voedsel produseer.”

Die sleutelpilaar tot die verwesenliking van ekonomiese vryheid was opvoeding, het hy gesê. Teenoor Zuma het gesê: Meneer die president, u het aan ons BRICS gebring; as deel van u nalatenskap, gee vir ons gratis opvoeding vir die armes.”

Besetting van wynplase

“As ons nie die ekonomiese kwessies aanpak nie, sal die jeug in opstand moet kom,” het hy verder gesê. “Ons moet dinge vir die ANC-leierskap ongemaklik maak. Die lewe is nie maanskyn en rose nie.

“Ons, die werkloses, die dakloses, die grondlose jeug, sal op ‘n punt gedwing word om (grond) te beset, en ons sal met die wynplase in Kaapstad begin.”

Dudu Miyeni

Ook op die verhoog was die ANC se nasionale uitvoerende komitee, asook ‘n lid van die nasionale dagbestuur, Nathi Mthethwa, wat ook minister van kuns en kultuur is, die burgemeester van Durban (eThekwini), Zandile Gumede, die ANC se provinsiale sekretaris in Kwazulu-Natal, Super Zuma, en ander.

Die voorsitster van SAL, Dudu Miyeni en Mzwanele (Jimmy) Manyi, president van die Progressiewe Beroepsluiforum, het vir die duur van die lesing in die voorste ry gesit.

Geweerskote in DRK se hoofstad na Kabila se ampstermyn verstryk

Werkers en skoolkinders het Maandag tuis gebly en soldate op patrollie was aansienlik meer as die burgerlikes in Kinshasa se strate, het AFP berig.

Geweervuur is Dinsdagoggend gehoor in verskeie dele van die Kongolese hoofstad, Kinshasa, met betogers in die strate wat eis vir die bedanking van die huidige president Joseph Kabila.

‘n Gespanne atmosfeer het in die hoofstad van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) geheers, ‘n dag voor die Kongolese president se amptelike termyn vandag ten einde loop.

Kabila se tweede termyn moes op 20 Desember geëindig het, maar hy toon geen teken dat hy bereid is om die tuig neer te lê nie. Bemiddelingsgesprekke het misluk en dit het die vrees laat opvlam dat politieke geweld opnuut in die mineraalryke land kan uitbreek.

Openbare vervoerdienste het die minimum diens gelewer en winkels in die stad se

hoofplein was gesluit, met ‘n gepantserde polisievoertuig wat op die een straathoek gestaan het.

Kabila (45) kan grondwetlik nie vir ‘n derde termyn as staatshoof oorweeg word nie, maar hy het aangedui dat hy wil aanbly totdat sy opvolger gekies is. Geen verkiesings is egter beplan nie en sommige opposisieleiers wil hê Kabila moet die mag aan ‘n oorgangleierskap oorhandig totdat verkiesings gehou kan word.

Onderhandelinge om ‘n oplossing vir die dooie punt te vind, het die naweek skipbreuk gely. Dit sal na verwagting môre hervat word wanneer Katolieke biskoppe, wat as bemiddelaars optree, van ‘n beplande besoek aan Rome terugkeer.

Kabila is aan bewind sedert sy pa, Laurent Kabila, in 2001 in ‘n sluipmoordaanval doodgeskiet is. Hy is in 2006 en weer in 2011 as president verkies in ‘n verkiesing wat die opposisie beweer mee gekul is.

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki Moon het sy medelye met die regering en die mense van Suid-Afrika betuig nadat ‘n Suid-Afrikaanse soldaat wat deel is van ‘n VN-vredesmag in ‘n rebelle-aanval in die Demokratiese Republiek die Kongo dood is.

Nog twee Suid-Afrikaanse soldate is gewond en ‘n Kongolese polisiebeampte is ook dood. Ban Ki Moon het die aanval deur Mayi Mayi-rebelle op die weermagbasis by Butembu in die Noord-Kivu provinsie, ten sterkste veroordeel.

Ban sê die veiligheid van VN-personeel, insluitend lede van die vredesmag, is ‘n groot prioriteit, maar meer as ‘n honderd vredesoldate is die afgelope jaar tydens die uitvoering van hul pligte dood.

Swart aanvallers lei voëlkykers in lokval in Mosambiek

‘n Suid-Afrikaanse voëlkyker in Mosambiek was onder ‘n groep van internasionale toeriste wat in ‘n lokval gelei is deur swart aanvallers verlede week. Die swart aanvallers was gewapen met AK47-aanvalsgewere.

Frans-Hendrik Joubert, ‘n ywerige 27-jarige voëlkyker en fotograaf sê hulle was op ‘n toer in Sentraal-Mosambiek verlede week, op soek na skaars en bedreigde voëlspesies, toe hul konvooi van drie voertuie ‘n lokval gelei is.

Die bestuurder van die eerste voertuig is gewond in sy pols, en ‘n Australiese passasier in sy knie. Die voertuig waarin Joubert gereis het, is ook getref, maar hulle het ongegeerd daarvan afgekom.

Hulle het daarin geslaag om te ontsnap deur weg te jaag van die aanvallers. Die derde voertuig het egter het agtergebly, en was onbewus van die drama wat voorlê. Hulle is gestop en beroof van al hulle besittings, deur die ses swaar gewapende swart mans.

Ten spyte van die beproewing, het die toeriste besluit om in die land te bly en voort te gaan om na voëls te kyk.

Die kleurlingjoernalis van OFM wat die onderhoud gevoer het, het aan Joubert gesuggereer dat hy moet erken dat hy bang was tydens die aanval en dat hy nie moet probeer om homself so “manlik” te gedra nie.

Kennelik dink die joernalis Earl Coetzee wittes behoort meer vrees te toon vir swart aanvallers.

Le Clos maak swemgeskiedenis

Chad le Clos het sy derde goue medalje by die Kortbadwêreldkampioenskap in Windsor, Kanada, gewen en daarmee swemgeskiedenis gemaak.

Le Clos het nou nege goue medaljes verower.

Met dié oorwinning het hy die eerste manswemmer geword wat die 50-, 100- en 200-metervlinderslag op twee agtereenvolgende wêreldbyeenkomste gewen het.

Le Clos se wentyd in die 50-metervlinderslag was 21-komma-nege-agt sekondes. Die Amerikaner, Tom Shields was tweede en David Morgan van Australië derde.

Guptas steel van swartes, sê groep

Atul Gupta se massiewe rykdom is skokkend en ontstellend en “anti swart”.

Dit is die reaksie van die groep Save South Africa, nadat die bekend geword het die Gupta-familielid is onder die top 10 rykste swart mense in Suid-Afrika.

News24 berig Save South Africa glo dit is ontstellend dat een man so vinnig so ryk kon word, veral in die lig van die familie se berugtheid en beweringe van korrupsie en staatskaping.

Gupta is die naweek aangewys as die tiende rykste swart man, met ‘n geraamde persoonlike fortuin van R10 miljard.

Hy is een van 35 swart mense op die lys van 200 supperrykes, en volgens Save South africa is dit duidelik dat daar ‘n afname is van swart eienaarskap van ondernemings onder die leierskap van President Jacob Zuma is.

Hulle beweer hy fasiliteer doelbewus die Guptas se ekonomiese aktiwiteite, terwyl swart bemagtiging in die slag bly.

Bron: OFM Nuus

Inisiasiesterftes en giftige geloofsdrankies is nuus in die Oos-Kaap

Nog vier swart tieners is dood by inisiasieskole in die Oos-Kaap, wat die dodetal die afgelope drie weke tot tien opstoot.

‘n Woordvoerder van die provinsiale departement van tradisionele sake, Mamnkeli Ngam, sê ouers en gemeenskappe moet help op die sterftes my inisiasieskole te bekamp, maar dit is elke jaar maar weer die ou gewone storie.

Niemand in die Xhosa-gemeenskap steur hulle aan dié raad nie, selfs nadat miljoene rande gemors is op veldtogte want swart mans aanmoedig om hulself te laat besny.

Volgens Ngam sal nadoodse ondersoeke gedoen word om te bepaal wat die seuns se dood veroorsaak het.

Die bestaan van “onwettige skole” is glo die probleem, volgens die owerhede, maar die ou afgesaagde verklaring vir die sterftes klink onoortuigend.

Meer as 20 gemeentelede het intussen “ineengestort en gebraak” Donderdag, het die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement gesê.

Die spul het ‘n raaiselagtige vloeistof aan hulle gegee deur hul pastoor in Mthatha, gedrink.

Oos-Kaap se departement van gesondheid se woordvoerder Sizwe Kupelo gesê nooddienste is ontbied na die stadsaal in die Mthatha middestad teen 17:30.

“Daar word beweer dat die gemeentelede ‘n vloeistof deur hul pastoor gegee is toe hulle skielik begin braak het en ineengestort het.

“Meer as 20 mense is deur paramedici behandel op die toneel, maar het geweier om na die hospitaal geneem te word. Slegs een ingestem om na die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal afgevoer te word.”

Kupelo het gesê die vloeistof is nog nie geïdentifiseer nie en die polisie sal ondersoek die saak.

Die pastoor, profeet Phumzile Topi, het na bewering van die toneel gevlug.

Zimbabwe ‘het nou sterkste geldeenheid in Afrika’: regeringskoerant

Die Zimbabwiese regeringskoerant The Herald het gister beweer dat dié land nou oor “die sterkste geldeenheid in Afrika beskik” nadat die regering begin het om effektewissels (sg. “bond notes”) aan die publiek vry te stel. Volgens die koerant het Zimbabwiërs “volle vertroue” in die nuwe geldeenheid.

Tydens die land se hiperinflasionêre fase in die vroeë 2000’s het Zimbabwe egter ook van effektewissels gebruik gemaak — wat destyds tot die inflasie bygedra het. In teorie word die effektewissels gewaarborg deur Amerikaanse dollar wat deur die Zimbabwiese sentrale bank gehou word, maar die versoeking moet groot wees om méér effektewissels te druk as waarvoor daar dollar gehou word.In die huidige geval word die geldeenheid nie gewaarborg deur dollar in die sentrale bank se rekening nie, maar deur ‘n lening van Afrexim-bank.Daar bestaan steeds lang toue by Zimbabwiese banke. Baie van die klante is onderwysers wat vir die eerste keer in ‘n lang tyd hul salarisse ontvang het. Maar die hoeveelheid geld wat ‘n mens uit jou rekening mag onttrek, word beperk. Dit beteken dat klante elke dag moet terugkeer om nóg geld te onttrek.

Vandeesweek sal daar ‘n bykomende $7 miljoen se effektewissels vrygestel word. Zimbabwe sukkel met ‘n tekort aan Amerikaanse dollarnote, want gerugte wil hê dat so vinnig as wat hulle in sirkulasie kom, word hulle deur buitelanders, veral Nigeriërs, opgeraap.

Zimbabwe se minister van finansies, Patrick Chinamasa, sal vanmiddag sy begrotingstoespraak met sy begroting vir 2017 lewer.

Op straat verhandel die effektewissels reeds teen ‘n afslag teenoor egte VS-dollarnote.

Media skep nog ‘n rassestorm rondom Houtbaai en Vanessa Hartley

Die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia wat in navolging van die liberale Amerikaanse media ‘n obsessie oor ras en rassisme onderhou, se jongste slagoffer is Vanessa Hartley, ‘n inwoner van Houtbaai naby Kaapstad wat ‘n rassistiese uitlating op haar Facebook sou gemaak het. Sy het naamlik gekla dat daar te veel swart plakkers (“Africans”) op Houtbaai toesak.

Die ANC in die Wes-Kaap het intussen besluit om ‘n klag van rassisme by die SA Menseregtekommissie aanhangig te maak. In ‘n verklaring sê die ANC:

“Vanessa Hartely, ‘n inwoner van Houtbaai, het ‘n aanstootlike Facebook-plasing geskryf waarin sy sê: ‘Hulle is soos dom diere. Ons behoort ‘n tou aan hulle vas te maak. Te veel Afrikane sak op Houtbaai toe. Stel ‘n petisie op. Binnekort sal daar niks van Houtbaai oor wees nie’.

“As die ANC in die Wes-Kaap verseg ons om te aanvaar dat dié provinsie tragies aan die boosheid van rassisme verbonde moet wees dat die broederskap wat die mosaïek van die provinsie behoort te wees nooit verwesenlik kan word nie. Ons verwerp Vanessa Hartley se rassistiese geteem as beide ‘n verwronge siening van waaroor die land gaan en sekerlik nie verteenwoordigend van die meerderheid mense in die provinsie nie. Rassistiese sal nie die laaste woord inkry nie.

“Ons versoek dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie die maksimum straf- en korrektiewe maatsreëls binne hul domein sal toepas ten eidne te verseker dat dié tipe gedrag verwerp en agtergelaat word,” lui die verklaring.

Tans verskyn daar allerlei bestekopnames in die media oor die lys “rassestorms” van die jaar. Dr. Dan Roodt voer vanoggend ‘n onderhoud hieroor met die TV-kanaal ENCA by die eTV-ateljee wat later uitgesaai sal word.

“My standpunt is dat Suid-Afrika sonder rassestorms kan klaarkom,” sê hy.

DA kerm voort oor Internasionale Strafhof-onttrekking

Die regering sal vandag sy saak in die hooggeregshof in Pretoria stel rakende sy besluit om Suid-Afrika aan die Internasionale Strafhof te onttrek.

Die hof het Maandag betoë aangehoor van die DA, die Suid-Afrikaanse Litigasiesentrum, die Helen Suzman-stigting, die Sentrum vir Menseregte en die Sentrum vir die Bevordering van die Grondwet.

Hulle vra dat die hof die regering se besluit onwettig en ongrondwetlik verklaar en dit ter syde stel.

Die DA se regsverteenwoordiger Steven Budlender, het aangevoer dat die regering nie die mag het om so ‘n besluit te neem nie.

Budlender beweer daar word “beskerming” van Suid-Afrikaners weggeneem, want die strafhof is glo ‘n veiligheidsnet teen menseregte-oortredings.

Soos alle voorstanders van sogenaamde “menseregte” in Suid-Afrika, het Budlender klaarblyklik ook nog nooit verneem van plaasmoorde, verkragtings en misdaad in die land waar hy self woon nie en sal hy ook nie kan verklaar wat die nuttelose hof gedoen het intussen om dit te voorkom nie.

Die groep voer aan dat die kabinet nie by magte is om sodanige beluit te neem nie en dat die kwessie in die parlement bespreek moet word, wat hoogstens neerkom op ‘n duur vertragingstaktiek.

President Jacob Zuma en die ministers van Justisie en van Internasionale Betrekkinge sal vandag in die hooggeregshof in Pretoria betoog dat die regering se besluit om hom aan die Internasionale Strafhof te onttrek, wettig en grondwetlik is.