Nog vier swart tieners is dood by inisiasieskole in die Oos-Kaap, wat die dodetal die afgelope drie weke tot tien opstoot.
‘n Woordvoerder van die provinsiale departement van tradisionele sake, Mamnkeli Ngam, sê ouers en gemeenskappe moet help op die sterftes my inisiasieskole te bekamp, maar dit is elke jaar maar weer die ou gewone storie.
Niemand in die Xhosa-gemeenskap steur hulle aan dié raad nie, selfs nadat miljoene rande gemors is op veldtogte want swart mans aanmoedig om hulself te laat besny.
Volgens Ngam sal nadoodse ondersoeke gedoen word om te bepaal wat die seuns se dood veroorsaak het.
Die bestaan van “onwettige skole” is glo die probleem, volgens die owerhede, maar die ou afgesaagde verklaring vir die sterftes klink onoortuigend.
Meer as 20 gemeentelede het intussen “ineengestort en gebraak” Donderdag, het die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement gesê.
Die spul het ‘n raaiselagtige vloeistof aan hulle gegee deur hul pastoor in Mthatha, gedrink.
Oos-Kaap se departement van gesondheid se woordvoerder Sizwe Kupelo gesê nooddienste is ontbied na die stadsaal in die Mthatha middestad teen 17:30.
“Daar word beweer dat die gemeentelede ‘n vloeistof deur hul pastoor gegee is toe hulle skielik begin braak het en ineengestort het.
“Meer as 20 mense is deur paramedici behandel op die toneel, maar het geweier om na die hospitaal geneem te word. Slegs een ingestem om na die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal afgevoer te word.”
Kupelo het gesê die vloeistof is nog nie geïdentifiseer nie en die polisie sal ondersoek die saak.
Die pastoor, profeet Phumzile Topi, het na bewering van die toneel gevlug.

Wonderlike nuus so op die Vrydagoggend :-))))))))
Druppel in die emmer.
Ek dink ons moet ons broers in die Oos-kaap bietjie help. My eerste voorstel is ‘n veldtog vir die insameling van alle ou, stomp messe om te skenk aan hul praktisyns.
Maar alle grappies op ‘n stokkie: die besnyding wat hulle praktiseer is eintlik op presies dieselfde tipe bygelowigheid en gewelddadige denke gebaseer as dié wat deur baie van ons eie mense ook teenoor hulle babaseuns gepleeg word…
Ons maak ‘n reuse fout om die Afrika gelowe as Bybels gebaseerd te bestempel , AFRIKA beskou die Bybel as ‘n byvoeging tot hulle tradisionele gelowe wat ongekerstend deur die eeue bestaan het .
Die besnydenis het alles met inisiasie tot manlikheid en NIKS met Bybelse besnydenis te doen , dan is daar ook tussen die stamme soos die xhoza besnydenis maar nie by die zoeloe nie wat tot gevolg het dat die xhoza ‘n zoeloe sal verkleineer deur na hom as ‘n onbesnede seun te verwys .
Die onlangse verdwasenheid van hoofstroom gelowe oor die gebruike in die Afrika gelowe bewys twee feite nl. sending was toe ‘n totale flop en tweedens dat die NWO geloof nou begin vere regskud om almal onder een dissipline te sentreer ……..wat het dit regtig met die beswaardes temaak of mense wat nie klagtes le nie , aan slange knaag of dettol gorrel??
Dit is ook Afrika se reg om die te aanbid wie vir hulle gode is en dit is onvanpas om dit hulle te wil ontse !!! Hulle het hul eie gode….