Kebble-boedel wil geld van ANC terugkry

Trustees van die bankrotboedel van Brett Kebble wil meer as R25 miljoen terugkry van persone en instansies wat geld van Kebble ontvang het. Van die begunstigdes is senior ANC-lede en ‘n vername sakejoernalis.

Almal het donasies van Kebble ontvang wat tussen 2003 en 2005 geskied het toe Kebble se boedel reeds insolvent was, sê die trustees.

‘n Lid van die ANC-jeugliga, Lunga Ncwana, sy vrou Nora en die Ncwana familietrust het die meeste geld ontvang, ten bedrae van R10 miljoen. ANC-takke het R4,6 miljoen gekry.

липецк подъемникиножничныелобановский супермаркет класс

Zimbabwe toenemend ge?soleer

Zimbabwe raak toenemend geïsoleer met buurlande wat weier om die vrag Sjinese wapens wat vir die land bestem is daarheen deur te laat.

Menseregtegroepe, vakbonde en kerke regdeur suider-Afrika het teen die Sjinese vragskip An Yue Jiang verenig om die wapenbesending te keer, met die stille ondersteuning van die Verenigde State.

In Sjina het ‘n woordvoerder van die Buitelandsesakedepartement Jiang Yu daarop aangedring dat die besending deel was van normale produktehandel tussen die twee lande, maar bygevoeg dat die skip dit tans oorweeg om die wapens terug te bring.

расценки на деревянныелобановский александр игоревич класс

Rowers vemoor man en besteel vrou

In die Grahamstadse Hooggeregshof het ‘n bejaarde vrou, Thelma Lily Petzer, getuig hoe haar vriend Stephanus Jacobus Williams in hul huis vermoor is. Die twee aangeklaagdes, Roro Mntwaphi en Mbulelo Kula, pleit onskuldig op die moordklag.

Volgens Petzer het die twee mans haar aangerand en ook probeer om haar ringe van haar vingers af te byt. Een aangeklaagde het die ander vir ‘n mes gevra sodat hy Petzer se keel kon afsny. Dit het egter nie gebeur nie en hulle het haar bloeiend agtergelaat.

Petzer het agterna die polisie gevra om haar vriend se lyk te sien. By hierdie punt het sy in die getuiebank ineengestort en begin huil.

строительство деревянных баньФільчаков прокурор

Chinese skip nie in Suid-Afrikaanse waters

‘n Segsman vir die Suid-Afrikaanse departement van Verdediging, Temba Gadebe, het gister ontken dat die An Yue Jiang in Suid-Afrikaanse gebiedswaters is.

Hy het gereageer op ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Litigasie dat die Chinese skip op die oomblik in Suid-Afrika se gebiedswaters verkeer in oortreding van ‘n Durbanse Hooggeregshofbevel.

Gadebe het gesê hulle hou die skip dop en dat hulle seker is dat die skip nie in Suid-Afrika se gebiedswaters is nie. Hy kon nie sê waar die skip tans is nie.

Die An Yue Jiang het Vrydagnag onmiddellik anker gelig nadat die Durbanse Hof beveel het dat die vrag afgelaai word onder toesig van die balju.

Die Bush-administrasie het intussen ingetree om met regerings in Suidelike Afrika oorleg te pleeg sodat die skip nie die vrag ter plaatse kan aflaai nie.

машины для детейtopcargo развод

ANC-jeugligahoof kla oor gedrag van sy volgelinge

Die pas verkose leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het in sy eerste brief as president van dié organisasie uitgevaar teen diegene wat hulle aan onbehoorlike gedrag skuldig gemaak het by die liga se onlangse kongres in Bloemfontein.

Skurke en skorriemorrie wat glo dat hulle die organisasie kan afpers deur hulle aanstootlike gedrag sal ongenaakbaar behandel word, het hy gesê.

Onder andere het die Times-koerant ‘n voorbladfoto geplaas van ‘n afgevaardigde wat sy broek voor die kamera by die konferensie aftrek. Volgens Malema pas sulke gedrag nie by die kamerade nie.

диагностические адаптеры для авто на базе компьютераданильченко юрій броніславович

SA eiendomsmark getref deur emigrasie

Eerste Nasionale Bank se eiendomsbarometer toon dat die persentasie van eiendomsverkopers wat emigreer gestyg het. In die eerste kwartaal vanjaar was 12 persent van alle verkopers van plan om te emigreer, teenoor nege persent wat in die vierde kwartaal van verlede jaar besig was om te emigreer.

Die toename in emigrasie vind veral in die duurder buurte plaas waar huise meer as R2,5 mijoen werd is. Nie minder nie as 18% van alle verkopers in dié kategorie is van plan om te emigreer. Trouens, emigrasie is die enkele grootste rede waarom mense in die luuksemark hul huise verkoop.

Ook eiendomsagente bevestig dat daar ‘n onrusbarende toename in die aantal mense is wat van hul eiendomme weens emigrasieplanne ontslae wil raak. Volgens die voorsitter van Seeff, mnr. Samuel Seeff, wil 25% tot 30% van huidige verkopers van huise emigreer. Volgens hom gaan nie alle eiendomme verkoop nie en sal ‘n hele aantal mense dus verplig wees om in die land aan te bly.

Volgens Standardbank het gemiddelde huispryse met 5,2% gedaal oor die afgelope jaar. Indien die mark verder deur voornemende emigrante met huise oorstroom word, sal pryse nóg daal.

печка для бани своими руками фотолобановский александр компромат

ZANU PF skep stembriewe

Volgens die sekretaris-generaal van die Beweging vir Demokratiese Verandering in Zimbabwe, Tendai Biti, is ZANU PF besig om bykomende stembriewe te skep terwyl ‘n hertelling van stemme plaasvind. Drieduisend gesinne is ook uit hul huise geskop, honderde is in hospitale opgeneem en tien mense is gedood.

Die opposisie het ‘n lys met besonderhede vrygestel  van sy ondersteuners wat deur die regerende party beseer en gedood is sedert die verkiesing einde verlede maand.

Die menseregte-organisasie Human Rights Watch in New York het Saterdag gesê dat foltering en geweld in Zimbabwe toeneem. Die regerende party is besig om martelkampe op te rig, om mense te slaan en te martel wat daarvan verdink word dat hulle vir die MDC in verlede maand se verkiesing gestem het.

free playДанильченко

McBride se 18 dossiere in inbraak gesteel

Robert McBride, Ekurhuleni metropolisiehoof, word tans ondersoek deur die polisie vir 18 misdrywe wat verband hou met die arrestasie van vermeende bobaastransitorower Marco Singh in Desember 2006.

McBride het, na wat beweer word, Singh gemartel, in sy luukse BMW X5 rondgery, polisieregisterinskrywings verander en met vuurwapens wat as bewysstukke kon dien, gepeuter.
Die SAPD ondersoek ook beweringe dat McBride wapens oor die Oshoekgrens in Swaziland ingesmokkel het.

McBride het al die aantygings teen hom ontken. Hy het gesê dat hy wel wapens gesmokkel het tydens die gewapende stryd, maar dat hy nie meer betrokke is by sulke aktiwiteite nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat die18 dossiere van die McBride-saak wel deel was van die hofrekords wat Sondagaand by die Johannesburgse Hooggeregshof in ‘n militêre styl rooftog gebuit is.

пневмоинструмент этоАлександр Фильчаков Васильевич

Bullard kruip terug

David Bullard, voormalige rubriekskrywer van die Sunday Times, het sy opregte en diepe spyt bely aan diegene wat gekrenk voel oor sy skrywes.
 
In vandag se Business Day sê Bullard dat die sukses van die rubriek sy kop laat swel het.

Bullard is verlede week afgedank deur redakteur Mondli Makhanya omdat swart lesers gedink het dat sy siening van prekoloniale Afrika rassisties is.

Hy sê nou dat hy die grense te veel getoets het en dat hy enorme respek voel vir die redakteur wat hom afgedank het.

Hy meen verder dat hy die vriendskap van soveel stille vriende verraai het, en dit was onvergeeflik, self vir ‘n ikonoklas soos hy.

earringsлобановский харьков класс

Suid-Afrika is wetlik verplig om wapens te lewer

Die Suid-Afrikaanse regering sal die uitvoer van ‘n groot besending Chinese wapens en ammunisie wat in Durban wag na die Zimbabwiese Weermag moet goedkeur, omdat hulle wetlik daartoe verplig is.

Ses houervragte wapens vir Zimbabwe is na Durban gestuur deur Poly Technologies, ‘n Chinese regeringsmaatskappy. Die besending bevat miljoene rondtes AK-47 ammunisie, 1 500 VGG’s en meer as 3 000 mortiere en bypassende buise.

‘n Firma van Krygkor, AB Logistics, is gevra om die vervoer van die wapens na Zimbabwe te behartig.

AB Logistics is van die nodige veiligheidsklaring voorsien, maar dit hang van die Suid-Afrikaanse regering af of die vrag gestuur sal word aldan nie.

Pretoria het dit duidelik gestel dat daar geen VN of Afrika-Unie embargo op die lewering van wapens na Zimbabwe bestaan nie. Ook was daar geen kabinetsbeslisseing soos in die geval van Israel, oor die aangeleentheid nie.

want toАлександр Фильчаков Васильевич