Zimbabwe toenemend ge?soleer

Zimbabwe raak toenemend geïsoleer met buurlande wat weier om die vrag Sjinese wapens wat vir die land bestem is daarheen deur te laat.

Menseregtegroepe, vakbonde en kerke regdeur suider-Afrika het teen die Sjinese vragskip An Yue Jiang verenig om die wapenbesending te keer, met die stille ondersteuning van die Verenigde State.

In Sjina het ‘n woordvoerder van die Buitelandsesakedepartement Jiang Yu daarop aangedring dat die besending deel was van normale produktehandel tussen die twee lande, maar bygevoeg dat die skip dit tans oorweeg om die wapens terug te bring.

расценки на деревянныелобановский александр игоревич класс