Die Suid-Afrikaanse swemmer Chad le Clos sê hy is ontspanne en vol vertroue voor vanaand se eindronde in die 200 meter vlinderslag by die Wêreld Swemkampioenskappe in Barcelona, Spanje.
Le Clos is een van drie Suid-Afrikaanse swemmers wat vanaand in eindrondes swem. Cameron van der Burgh en Giulio Zorzi het gekwalifiseer vir die eindronde van die 50 meter borsslag.
Le Clos en Van der Burgh is albei die gunstelinge om hulle eindrondes te wen, nadat hulle met die vinnigste tye gekwalifiseer het.
Van der Burgh het Maandag die silwermedalje in die 100 meter borsslag gewen.
TWEE16-jarigeseunsvan die HoërskoolBirchleigh, Kemptonparkis beroofdeur dieselfde groep mansinafsonderlike voorvalle‘nweekuitmekaar.
Dieeenseun se mahet gesêvier swart manshet haarseunen sy vriend,inSilverstraat kort na skoolop 18 Julie voorgekeer terwyl hulle te voet was.
Hulle het indie rigting vanBirchAcres gestap toe die swart mans uit ‘nkantstraat gekom het.Drie het bly staanen gestaarna hulle,terwyl een nahaar seun gestap het om kwansuis te vra hoe laat dit is.
Toe hydie derde keer vra, het hyna sy sak gereik na ‘n mesofgeweer, en haar seunhetsy selfoonaan hom oorhandig.
Diema het gesêdieswarte het haarseun se telefoon uitsy hand geraap.Hullehet niks gedoen aan sy vriend nie, netomgedraai enweggestap,terwyl hulle lag.
DievolgendeDonderdag 25 Julieop byna dieselfdeplek, het dieselfdemanshaar seunse vriend beroof, ookvansy selfoon.Dieseun het daardie dag alleen geloop.
MnrAndréGloy, hoof van dieHoërskoolBirchleigh,het gesê dat hullebynaop ‘n daagliksebasishoorvan skoolkinders wat vanhulselfoneberoof word.Hy waarskugereeldkinders oorhierdie tipegevaar. – looklocal.co.za
Veertien partye sal Woensdag aan die verkiesings in Zimbabwe deelneem in wat waarnemers as ‘n verbete stryd tussen die twee voorste kandidate, Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai beskryf. Stembusse het vanmore geopen.
Daar is altesaam vyf presidensiële kandidate wat hulself beskikbaar gestel het. Die stembusse sluit om 19:00 vanaand.
Meer as ses miljoen Zimbabwiese kiesers gaan toustaan in die land se presidensiële en parlementêre verkiesings.
Gushungo, wat “krokodil” beteken is die bynaam vir die huidige president wat ook die oudste een in Afrika is.
Pres. Robert Mugabe (89) gaan poog om die eerste minister in die vorige eenheidsregering, Morgan Tsvangirai, se derde probeerslag om as wenner uit die stryd te tree, weer te fnuik.
Die Zimbabwiese presidenthet belowe om die magomsyaartsvyand,Tsvangirai,te oorhandig as hyindie verkiesingverloor.
“Dit is‘n normale dingom te doen asjy aan‘n kompetisie deelneem waar daar slegstweeuitkomste is,wen of verloor, jy kan niealbei hê nie. As jy verloormoet jyoorgee aandiegene watgewen het,” het Mugabe aanjoernaliste byState HouseinHarareDinsdag gesê.
Baie minvan hulle glohomomdat herinneringe vandie chaotiese2008-verkiesing, wat deurmoorde,aanrandings enintimidasie van politiekeopponentedeurMugabeseZanu-PFgekenmerkis,nog vars in die geheue van sy MDC-teenstanders is.
Duisende gewapende onlustepolisie is ontplooi in gebiede wat as brandpunte geïdentifiseer is.
Radio Zimbabwe berig dat duisende polisielede na die sentrale provinsie gestuur is, terwyl vragmotors met gewapende polisielede sekere dele van Harare patrolleer.
Die gebiede is vestings vir Tsvangirai en was die kern van die geweld na die verkiesing in 2008, waarin 200 mense dood is wat bande met die MDC gehad het.
Die verkiesing sal die einde van ‘n vierjaarlange wankelrige eenheidsregering beteken, met sowel die MDC as Zanu-PF wat voorspel dat hulle ver gaan wen.
Mugabe is reeds 33 jaar aan bewind, in ‘n ampstydperk wat deur ekonomiese chaos en vernietiging in sy land gekenmerk is, maar ten spyte daarvan nie sy gewildheid aangetas het nie.
‘n Weermaglid is een van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die moord op die Johannesburgse polisiehoof maj. genl. Tirhani Maswanganyi beplan het, het die Pretoria-Noord-distrikhof Dinsdag gehoor.
Maswanganyi sou as getuie optree in ‘n belangrike korrupsiesaak en daar word vermoed dat dit die motief vir die moord was.
Ndaedzo Isaac Vele (29), Tshepo Mosai (30), Roger Godfrey Moseki (33), en Nditsheni Daniel Nefolohodwe (32), het vlugtig Dinsdag vlugtig in die hof verskyn voor hul borgtogaansoeke tot Donderdag uitgestel is.
Maswanganyi (51) se lyk is op 17 Junie naby Hammanskraal in ‘n veld, noord van Pretoria, gevind.
Sy hande en voete was vasgebind en sy verlate bakkie is langs die R101 gevind.
Lucas Moseki, staatsaanklaer, het gesê die staat sal borg vir die vier beskuldigdes teenstaan.
Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord, beplande moord, roof met verswarende omstandighede asook daarvan dat hulle ‘n voertuig sonder die eienaar se toestemming bestuur het.
Vele het in ‘n beëdigde verklaring wat aan die hof voorgelees is, gesê hy is ‘n soldaat. Hy vrees dat hy geskors kan word indien hy vir te lank in aanhouding is. Hy het verder gesê sy verloofde is swanger met hul eerste kind en sal in November kraam.
Vele het ook erken dat hy voorheen veroordeel is op aanklag van verkragting, waarvoor hy ‘n opgeskorte vonnis opgelê is.
Op die dag van die moord het hy sy bevelvoerder by die OR Tambo Internasionale Lughawe opgelaai en daarna ‘n paar goed vir haar gedoen.
Vele se bevelvoerder het in ‘n verklaring bevestig dat hy haar daardie dag by die lughawe gaan haal het.
Die bevelvoerder se verklaring is nie geverifieer nie en kan dus nie ingedien word as bewys nie.
Stander het gesê die borgaansoek kan nie voortgaan totdat dit nie gedoen is nie. – Sapa
Altesaam sewe onwettige mynwerkers het gesterf toe ‘n geveg in ‘n mynskag in Brakpan-Noord aan die Oos-Rand uitgebreek het. Nóg 12 is gewond.
Nooddienswerkers het aanvanklik op vier lyke afgekom by die Grootvleimyn.
Volgens berigte is skote die naweek afgevuur toe ‘n ondergrondse geveg tussen twee groepe onwettige mynwerkers uitgebreek het.
Sommige families beweer hul familielede is steeds vermis. Soek en reddingspanne sal later vandag besluit of hulle sal voortgaan met hul soektog na vasgekeerde onwettige mynwerkers.
Sewe liggame is sover gevind nadat skote gevuur is tydens ‘n ondergrondse botsing tussen twee strydende groepe werkers.
‘n Woordvoerder van die Ekurhuleni Nooddienste, Rogers Mamaila sê twee vlakke van die mynskag is deurgesoek sonder dat enige iemand gevind is en nog een vlak sal gefynkam word voordat ‘n besluit geneem word. – Sapa
Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het het toegegee dat pres. Robert Mugabese stelling dat Zimbabwiese burgers Suid-Afrika se ekonomie oorgeneem het, waar is.
Hy gesê Suid-Afrika kan by Mugabe gaan kers opsteek wat betref beleggings in onderwys en opleiding.
Hoewel “dit erg is om by Mugabe te hoor”, is dit nie onwaar nie, het Mantashe by ‘n inligtingsessie erken.
“In die landbou en gasvryheidsbedryf is daar orals Zimbabwiërs omdat ons jongmense blykbaar dink sulke tipe werk is benede hulle.”
Hy het ook Zanu-PF daarvan beskuldig dat hy die ANC wil destabiliseer met Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), maar nie meer besonderhede gegee oor dié poging nie.
Mantashe het verklaar dat Malema se nuwe politieke beweging deur Zanu-PF gedryf word en daarom afwyk van die Vryheidshandves “en baie meer met Mugabe en Zanu-PF” te make het.
“Nêrens in die Vryheidshandves sê dit grond moet sonder vergoeding gevat word nie. Malema gaan te kere oor die besitreg van minerale onder die grond. Besit die staat dit nie reeds danksy wetgewing nie?”
Die ANC bekommer nie dat Malema die jeugstem gaan afrokkel nie. “Die jeug identifiseer met die EFF, akademici met (dr.) Mamphele (Ramphela) se Agang . . . die ANC is vir almal.”
Die Zimbabwiese eerste minister, Morgan Tsvangirai, sê hy glo nie dat die land se verkiesingskommissie môre ‘n vry en regverdige verkiesing in die land kan hou nie, en het gevra dat die lede bedank.
Tsvangirai het aan meer as 50 000 ondersteuners in Harare gesê hy vrees dieselfde stemknoeiery wat die vorige verkiesings in 2008 ontsier het, sal weer voorkom.
Hy sê die land se Verkiesingskommissie het getoon dat hy nie gereed is nie, nadat chaos voorgekom het tydens die vroeë stemmery op 14 en 15 Julie vir lede van die polisie en weermag wat op stemdag aan diens sal wees.
Hy het gewaarsku dat politieke onrus kan voorkom indien mense van stemlokale weggewys word en daar vermoedens is dat daar met die stemme geknoei is.
Die hoof van die Verkiesingskommissie, Rita Makarau, het die kommissie verdedig en gesê hulle is gereed om toesig oor ‘n geloofwaardige verkiesing te hou.
Met die ongenaakbaarheid watsy politieke loopbaan reeds dekades lank kenmerk,het president Robert Mugabe gewaarskuTsvangirainiemoet probeer om nie-amptelikeuitslaeaan te kondigindien dieZimbabweVerkiesingskommissie(ZEC) versuim omhulle betyds vry te stel nie.
“[MnrTsvangirai] weetwat nie toegelaat worddeur die wet nie. Die ZECis die enigsteorganisasie watverkiesingsuitslae mag aankondig. Ek by voorbaat sê datas jy ‘nwetbreker is, sal die polisiejou in hegtenis neem,” het Mugabegesê. – RSG/Business Day
Meer as 400 onwettige dobbelmasjiene is in Mahikeng in Noordwes vernietig, nadat daarop beslag gelê is.
Die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling in die provinsie, Matlalepula Rosho, sê onwettige dobbelbedrywighede word deur hoogs gesofistikeerde sindikate uitgevoer.
Volgens die uitvoerende hoof van die provinsie se Dobbelraad, Themba Ngobese, is die wette oor die voorkoming van onwettige bedrywighede heeltemal voldoende, maar slenters verhoed behoorlike wetstoepassing.
Die onwettige operateurs het dikwels lasbriewe op ‘n tegniese punt betwis en kon daarin slaag om die deursoeking van die perseel te uit te stel.
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie het ‘n verhoor oor die erkenningsooreenkoms tussen vakbonde en die platinummynmaatskappy Lonmin, tot aanstaande maand uitgestel.
Die mynvakbond AMCU het in Mei met onderhandelinge oor ‘n erkenningsooreenkoms begin.
Samesprekings tussen Lonmin en AMCU het vasgeval en die vakbond het die geskil na die KVBA verwys.
Die NUM het vroeër die maand ook ‘n geskil oor sy erkenning by Lonmin na die KVBA verwys, nadat die vakbond sy meerderheid by die myn verloor het en sy kantore teen die 16de van die maand moes ontruim.
Die NUM het daarna ‘n dringende aansoek by die Arbeidshof ingedien om Lonmin te keer om sy erkenningsooreenkoms op te skort.
Die hof het dié aansoek verwerp op grond daarvan dat dit nie dringend is nie.
Die vakbond Amcu het ‘n beroep gedoen op sy lede wat by Xstrata se Steelpoortmyn in Limpopo afgedank is, om nie deel te neem aan gewelddadige betogings nie.
‘n Mynwerker is Vrydag in onrus by die myn dood. Drie werkers is ook in hegtenis geneem nadat ‘n bus en ‘n vragmotor aan die brand gesteek is.
Die Amcu-takleier, Zeb Mabilu se broer, Leon Mabilu is die mynwerker wat Vrydag dood is.
Mabilu sê Amcu veroordeel Vrydag se geweld. Hy sê Amcu-lede gaan aanhou betoog, maar dit moet op ‘n vreedsame wyse geskied. – RSG