‘n Polisiebeampte is gewond nadat drie mans hom van sy dienspistool beroof en sy motor gekaap het, het die polisie in die Oos-Kaap Maandag gesê.
Die 45-jarige adjudant-offisier is Sondag in Mainstraat geskiet, waar hy stilgehou het, het kapt. Jackson Manatha gesê.
“Drie gewapende mans het die polisiebeampte en die ander insittende beveel om uit die motor te klim. Die beampte is van sy dienspistool beroof.”
Die mans het in die polisiebeampte se Toyota Corolla met die registrasienommer DWD 296 EC gevlug.
‘n Saak van poging tot moord en kaping word ondersoek. – Sapa
