Zim na stembusse

Gushungo
Gushungo

Veertien partye sal Woensdag aan die verkiesings in Zimbabwe deelneem in wat waarnemers as ‘n verbete stryd tussen die twee voorste kandidate, Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai beskryf. Stembusse het vanmore geopen.

Daar is altesaam vyf presidensiële kandidate wat hulself beskikbaar gestel het. Die stembusse sluit om 19:00 vanaand.

Meer as ses miljoen Zimbabwiese kiesers gaan toustaan in die land se presidensiële en parlementêre verkiesings.

Gushungo, wat “krokodil” beteken is die bynaam vir  die huidige president wat ook die oudste een in Afrika is.

Pres. Robert Mugabe (89) gaan poog om die eerste minister in die vorige eenheidsregering, Morgan Tsvangirai, se derde probeerslag om as wenner uit die stryd te tree, weer te fnuik.

Die Zimbabwiese president het belowe om die mag om sy aartsvyand, Tsvangirai, te oorhandig as hy in die verkiesing verloor.

“Dit is ‘n normale ding om te doen as jy aan ‘n kompetisie deelneem waar daar slegs twee uitkomste is, wen of verloor, jy kan nie albei hê nie. As jy verloor moet jy oorgee aan diegene wat gewen het,” het Mugabe aan joernaliste by State House in Harare Dinsdag gesê.

Baie min van hulle glo hom omdat herinneringe van die chaotiese 2008-verkiesing, wat deur moorde, aanrandings en intimidasie van politieke opponente deur Mugabe se Zanu-PF gekenmerk is, nog vars in die geheue van sy MDC-teenstanders is.

Duisende gewapende onlustepolisie is ontplooi in gebiede wat as brandpunte geïdentifiseer is.

Radio Zimbabwe berig dat duisende polisielede na die sentrale provinsie gestuur is, terwyl vragmotors met gewapende polisielede sekere dele van Harare patrolleer.

Die gebiede is vestings vir Tsvangirai en was die kern van die geweld na die verkiesing in 2008, waarin 200 mense dood is wat bande met die MDC gehad het.

Die verkiesing sal die einde van ‘n vierjaarlange wankelrige eenheidsregering beteken, met sowel die MDC as Zanu-PF wat voorspel dat hulle ver gaan wen.

Mugabe is reeds 33 jaar aan bewind, in ‘n ampstydperk wat deur ekonomiese chaos en vernietiging in sy land gekenmerk is, maar ten spyte daarvan nie sy gewildheid aangetas het nie.

One thought on “Zim na stembusse”

  1. En so sal dit ook hier die geval wees.
    Dit is vir die Jode lewens noodsaaklik dat ‘n swarte wat deur hulle gekies is, staande moet bly.
    By ons is dit effe anders. Solank die ANC regeer totdat ons skepper terugkeer, pas dit hulle ewe goed.
    Wie ookal die “Puppet” septer swaaier is pla hulle min.
    Op hierdie stadium is daar twee dinge wat hulle slapelose nagte gee.
    Malema se myn stakers, en die Afrikaner/Boere.
    Ek hou daarvan!!!

Maak 'n opvolg-bydrae