Tier byt wit vrou dood

Die bestuur en werknemers by die Laohu Valley-reservaat by Philippolis in die Vrystaat is in rou gedompel nadat ‘n werknemer, wat verantwoordelik was vir die welstand van tiere, Saterdag deur ‘n tier doodgebyt is.

Die tierplaas sê in ‘n verklaring dat die 43-jarige Vivienne McKenzie sedert 2002 by die plaas gewerk het. McKenzie het onder meer haar lewe aan die versorging en beskerming van die bedreigde Suid-Chinese tiere gewy.

‘n Emosionele Heinrich Funck, bestuurder van die tierplaas, het aan OFM-nuus gesê dat ‘n projekspan en die owerhede tans besig is met ’n deeglike ondersoek om vas te stel wat gebeur het.

Daar word vermoed dat McKenzie vergeet het om die hok agter haar te sluit.

Funck het ook sy medelye met die familie van Mckenzie betoon en haar geloof vir haar passie en toegewydheid.

Polisiewoordvoerder, Maselela Langa, het die voorval bevestig.

Die vyfjarige tier, “Beta”, is intussen van kant gemaak.

Bron: OFM

Drie swart veeboere van moord op veedief aangekla

Drie swart veeboere van Noordwes sal na verwagting volgende week in die landdroshof op Bafokeng aansoek doen om borgtog nadat hulle van die moord op ‘n jong man op ‘n plaas in dié distrik verdink word.

Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê die 76-jarige Andru Mekgwe, Jairus Pholose (68) en die 66-jarige Shorty Mmolutsi het Donderdag vlugtig verskyn. Die hofverrigtinge is tot volgende Dinsdag vir verdere ondersoek uitgestel.

Die verdagtes is verlede Donderdag in hegtenis geneem toe ‘n 24-jarige swarte, wat vermoedelik vee op die plaas wou steel, ernstig aangerand is.

Sy hande is vasgebind. Makau sê met die polisie se aankoms op die plaas is die oorledene bewusteloos in een van die verdagtes se bakkie gevind.

Volgens haar het die slagoffer later in ‘n plaaslike kliniek aan sy beserings beswyk. Die verdagtes was op die plaas by veekrale toe hulle aangekeer is.

Die oorledene is nie bekend gemaak nie.

Die nie-amptelike doodsure op SA paaie

As jy tuiskom tussen 18:00 en 02:00 per motor oor ‘n naweek, tel jouself onder die gelukkiges.

Daardie tyd van die nag is die nie-amptelike “doodsure” op Suid-Afrika se paaie, volgens verkeersbeamptes.

Dronkbestuur, spoed en ‘n gebrek aan toesig is die hoofredes dat die paaie minder veilig raak tydens hierdie ure, sê amptenare. maar ‘n mens kan waarskynlik onpadwaardige voertuie, roekelose taxi-bestuurders en gekoopte lisensies daarby voeg.

Volgens ‘n verkeersbeampte het ‘n bestuurstoesigverslag wat verlede week ter tafel gelê is by die provinsiale wetgewer oor noodlottige ongelukke, daartoe gelei dat die herstrukturering van skofte vir verkeersbeamptes hersien gaan word.

Gauteng se verkeersbeamptes sê die meerderheid van hulle is aan diens vanaf 06:00-10:00, maar verlaat die provinsie se paaie wat dan met onvoldoende polisiëring op die mees kritieke tyd te kampe het.

Gauteng, wat die hoogste aantal voertuie op die pad het in vergelyking met ander provinsies, sukkel reeds om met ‘n doeltreffende strategieë vorendag te kom om die dodelike ongelukke op sy groot paaie te beperk.

Maniere waarop verkeersbeamptes ontplooi kan word op ‘n 24-uur-basis met die voorneme om padsterftes te bekamp, word tans ondersoek. Die verkeerspolisiedienste kan aanstons as ‘n noodsaaklike diens verklaar word in ooreenstemming met die Wet op Arbeidsverhoudinge van 1995.

Naweke is meer problematies as gevolg van mense wat onder die invloed bestuur en lang afstande reis.

Vir diegene wat onkapabel wil raak oor die naweek, is dit dalk ‘n plan om eerder ‘n diens soos Uber te gebruik om veilig tuis te kom.

Swart skoolverkragting, swangerskappe neem toe

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders het ‘n toename in seksuele mishandeling en verkragting van swart leerlinge deur onderwysers aangekondig.

In sy jaarverslag, die raad het ook gesê 25 swart onderwysers is afgedank weens wangedrag, ‘n toename van 15 onderwysers die vorige jaar.

Die raad het gesê swart ouers weier in die meeste gevalle teen die onderwysers te getuig wat na bewering betrokke is by seksuele aanranding.

Dit is omdat die onderwysers finansiële hulp verskaf aan die families van die leerlinge wat daaronder ly.

‘n Swart onderwyser in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat ‘n berig oor sosiale media viraal versprei is waar hy na bewering met ‘n leerling omgang het. Die onderwyser is glo betrokke by verskeie ander gevalle van seksuele aanranding.

Vier ander onderwysers by dieselfde skool is geskors deur die provinsiale Departement van Onderwys na leerlinge oor soortgelyke gevalle van verkragting en seksuele misbruik teen hulle uitgekom het.

Een amptenaar het gesê dit was slegs die oortjie van die seekoei.

Die Departement van Basiese Onderwys het gesê hulle is bekommerd oor die voorkoms van swangerskap onder swart leerlinge.

Verlede jaar alleen, het 99 000 leerlinge landwyd swanger geraak. In net een skool in Limpopo, is sowat 20 leerlinge swanger.

Malema stel samesmelting met ANC in die vooruitsig

Dinsdagaand het Julius Malema sy beleid om die media te ignoreer laat vaar en met ‘n nuwe voorstel gekom wat sy ondersteuners sal verbaas.

Tydens ‘n onderhoud met eNCA het die EFF-leier uit die bloute gesê dat hy bereid sou wees om ‘n “samesmeltingproses” met die ANC te begin.

Die samesmelting sal glo slegs oorweeg word as die ANC se steun in die verkiesings van 2019 onder die 50%-merk daal.

Dit was ‘n knipoog na diegene wat diep agterdogtig staan teenoor Malema se werklike langtermyndoelwitte.

Hy was ook skepties oor die EFF se sukses. Die party sukkel om deur te breek na die 20%-drempel.

Die DA meen hy, sal nooit genoeg ondersteuning kry om ‘n regering op sy eie te vorm nie.

As die ANC sukkel, sê hy, “sal sy eerste aanbod aan ‘n samesmelting met die ANC” gaan.

En dit sal nie net ‘n geval wees van waar hy ‘n pos in die regering kry, of ‘n rol speel in die bepaling van beleidrigtigtings nie, belowe hy.

Hy sê hy praat oor ‘n behoorlike, groothandel samesmelting.

“Die naam van die ANC herinner ons mense aan hul pynlike verlede,” sê hy. Dit moet dus ‘n hele nuwe party wees waarin beide die ANC en die EFF ophou om te bestaan.

Dit kan glo met “unieke leierskap” deurgevoer word.

Krisis op kampusse word deur DA, EFF aangemoedig

Die krisis in hoër onderwys word kennelik deur die opposisie aangemoedig om van president Zuma ontslae te raak. Maar die DA en EFF is besig om die meerderheid studente se wense daarmee ook te verontagsaam en in gevaar te stel.

Die nasionale voorsitter van die EFF, Dali Mpofu is nou betrokke by die betogings vir gratis onderwys. Hy het aangevoer dat hy op die kampus van Witwatersrand optree as “besorgde ouer” en nie as politikus nie.

Maar Mpofu het nogtans in ‘n politieke hoedanigheid ‘n beroep op belanghebbers gedoen om die betogers te ondersteun. Hy het selfs die polisie se teenwoordigheid op die kampusse gekritiseer.

Vroeër is berig dat Mpofu die Beset Luthuli-huis beweging befonds het. Hy het glo vyf miljoen rand uit Amerika ontvang en dit gebruik het om die anti-Zuma betogers te steun.

Hulle eis dat die president asook die nasionale uitvoerende komitee van die ANC bedank.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, meen ook “alle rolspelers”, wat oproeriges insluit, moet aan gesprek deelneem. Maar dié houding beteken dat die betogers se sogenaamde griewe ernstig opgeneem moet word, terwyl dit slegs die mening van ‘n klein minderheid verteenwoordig.

Net soos die vise-kansellier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, meen Madonsela die krisis is die regering se skuld, terwyl dit duidelik is dat hulle skerm vir die belhamels se “regte”.

Die president van die Appèlhof in Bloemfontein, regter Lex Mpati, het intussen ook sy stem gevoeg by die opposisie oor die gewelddadige betogings by universiteite.

Die DA gesê het die ANC-regering het sy plig versuim om ‘n buitengewone vergadering oor die krisis te belê sodat dit in die Parlement bespreek kon word, maar nog geen leierskap getoon om die ontwrigting en geweld te veroordeel nie.

Die polisie het moes Dinsdag rubberkoeëls gebruik om die betogende studente by Wits uiteen te jaag. Twee polisiebeamptes en ‘n dosent is beseer.

Vyf studente is in hegtenis geneem. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Kgomotso Phahlane het die media na die geweld toegespreek, en sê die vernietiging van eiendom kan nie toegelaat word nie.

Klaarblyklik stem die DA en EFF nie daarmee saam nie.

Betogers en polisie raak slaags by UK na petrolbomaanvalle

RSG berig dat betogende swart studente by die Universiteit van Kaapstad oornag petrolbomme gegooi het en met die polisie slaags geraak.

‘n Woordvoerder van die universiteit, Gerda Kruger sê ‘n groep studente het probeer om ‘n gebou te beset, maar is deur veiligheidspersoneel verhoed.

Twee studente het egter by die gebou ingebreek.

Sy sê betogers het toe verskeie brande op die universiteit se boonste kampus gestig. Veiligheidswagte het die brande probeer geblus en gepoog om die betogers uiteen te jaag.

Kruger sê die polisie is eenuur vanoggend ingeroep, waarna hulle skokgranate gebruik het om die situasie onder beheer te bring.

‘n Polisiebeamptes is beseer toe hy met klippe bestook is, en ‘n veiligheidswag is ook tydens die gevegte beseer.

Volgens Kruger was daar vroeg vanoggend slegs een brand wat nog nie geblus was nie.

Die polisie is steeds op die kampus ontplooi.

Habib paai weer oproerige minderheid by Wits

Die Universiteit van die Witwatersrand sal sy akademiese program tot Maandag opskort na geweld en chaos op die kampus uitgebreek het Dinsdag.

Die visekanselier Adam Habib beweer hierdie toegeeflikheid aan die belhamels is om “toegang na hoër onderwys” te vergemaklik. Habib speel sedert die begin van die krisis ‘n sleutelrol om die oproeriges te paai tot nadeel van die meerderheid van studente.

Die aankondiging is gemaak slegs ‘n paar uur na ‘n vroeëre verklaring waarin die universiteit gesê het hulle sal Woensdag oop wees.

“Ons het hierdie toegewing gemaak, want ons wil nie dat die tonele wat vandag hier afgespeel het op ons universiteitskampusse, herhaal word nie.”

Die bestuur het ingestem om die polisie te onttrek van die kampusse na beloftes van “alle partye” dat daar geen geweld of intimidasie van studente en personeel sal wees nie.

Maar vroeër het personeel en studente oorweldigend ten gunste van die voortsetting van die akademiese jaar gestem.

Dosente het aan Praag vertel dat hulle Dinsdag met geweld uit hul klasse gejaag is deur swart oproeriges gewapen met stokke.

‘n Dosent in Internasionale betrekkinge, Dawid Hornsby is beseer in die onluste. Mediese nooddienste het gesê slagoffers het ook talle polisiebeamptes ingesluit.

Die polisie moes rubberkoeëls en traangas gebruik toe die oproeriges probeer het om deur ‘n polisie-ketting te dring. Die betogers het die polisie bestook met klippe en die venster van ‘n polisievoertuig gebreek.

‘n Senior polisiebeampte moes na die ongevalle-afdeling by die Milpark-hospitaal gehaas word nadat hy ‘n ernstige kopwond opgedoen het toe hy deur ‘n baksteen getref is.

Polisie by Universiteit van Venda ontplooi

Die polisie moes by die Universiteit van Venda in Limpopo ontplooi word waar swart betogers se protesoptrede gemonitor word.

Akademiese aktiwiteite is intussen opgeskort nadat personeel en studente verhinder is deur betogers om die kampus binne te kom.

Die oproeriges sê hulle sal slegs teruggaan na hul lesingslokale indien gratis onderrig ‘n werklikheid word.

Hulle beskuldig die bestuur daarvan dat hulle nie met studente in gesprek wil tree nie.

Lesings is vir ‘n onbepaalde tyd opgeskort weens voortslepende betogings en onrus op die kampus.

Studente sê hulle is bekommerd dat hulle agterstallig kan raak met hulle werk vir die jaar.

UK dreig betogers met tugstappe

Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price het studente intussen gewaarsku dat daar tugstappe teen hulle gedoen sal word indien hulle nie die gedragskode tydens hulle protesoptrede nakom nie.

Honderde betogende swart studente het Maandagoggend beloof om die kampus tot stilstand te dwing.

Price sê in ‘n verklaring daar sal nie opgetree word teen studente wat aan wettige protesoptrede deelneem nie.

Hy sê egter die ontwrigting van klasse sowel as die versperring van ingange en paaie, is onwettige optrede.

Price sê in sulke gevalle sal studente gevra word om die universiteit te verlaat en dit sal by die polisie aangemeld word.

Hy sê die akademiese program moet voortgaan sodat studente hulle studiejaar suksesvol kan voltooi.

Die UK was die afgelope weke gesluit was maar die universiteit het aangekondig dat klasse Maandag sal heropen.

Die ingange na die UK se hoofkampus is vroeg Maandagoggend egter reeds deur betogers versper.

‘n Groep betogers wat vanaf die M3-pad na die kampus opgeruk het, het die onluste laat opvlam en vullisblikke is op die kampus omgekeer.

Die betogers het beloof om van gebou tot gebou te beweeg om die kampus te sluit sodat klasse nie voortgaan nie.

Hulle eis “gratis en gedekoloniseerde” onderrig.