Die polisie se reddingspan moes ook onder die siedende vloedwaters induik om deure en diefwering oop te breek om diegene binnekant te kan red.
Op sommige plekke in die provinsie is tot 400 mm reën gemeet. Kommunikasiestelsels is ontwrig en modderstortings het op dele van die N2 plaasgevind.
Omtrent twintig bejaardes moes van die dakke van huise by die Club Marina-oord in Ifafa gered word toe 'n rivier sy walle oorstroom en die huise onder water gedompel het.

Thabo Mbeki, die Suid-Afrikaanse president, gaan vandag na Zimbabwe reis om sy Zimbabwiese ampsgenoot Robert Mugabe te ontmoet.
Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, sê dat die jeug van Suid-Afrika bereid is om te sterf ter ondersteuning van Jacob Zuma. Hy het gesê hulle is bereid om die wapen op te neem en dood te maak vir Zuma. Die toespraak is tydens 'n Jeugdagsaamtrek by Taba Nchu gehou.