Alec Erwin moet die korrelbedreaktor regverdig

ImageAlec Erwin moet die gebruik van buitengewoon eksperimentele tegnologie regverdig, het die DA gister gesê.

Die opposisieparty het sy kommer uitgespreek oor die koste van die regering se voorgenome Korrelbed- modulêre reaktor.

Die party se woordvoerder Manie van Dyk het gesê dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers die koste van sulke eksperimentele tegnologie moet dra.

Volgens onlangse ramings, sal die reaktor R20 miljard kos en is dit ontwerp om 165 megawatt elekrisiteit te produseer.

Vergeleke met ‘n R80 miljard-steenkoolkragstasie wat 4 000 megawatt elektrisiteit lewer, is die nuwe tegnologie baie duur.

Professor Steve Thomas van die Universiteit van Greenwich het die korrelbed ‘n radikaal nuwe ontwerp genoem wat nog nêrens voorheen suksesvol gebou is nie.

how to beatФильчаков Александр Васильевич