Kwazulu-Natal nog steeds onder water

Kwazulu-Natal gaan nog steeds gebuk onder vloede en vier mense is tot dusver dood terwyl 500 mense dakloos gelaat is. Sommige inwoners moes van die dakke van huise met bote en waterponies gered word.

Die polisie se reddingspan moes ook onder die siedende vloedwaters induik om deure en diefwering oop te breek om diegene binnekant te kan red.

Op sommige plekke in die provinsie is tot 400 mm reën gemeet. Kommunikasiestelsels is ontwrig en modderstortings het op dele van die N2 plaasgevind.

Omtrent twintig bejaardes moes van die dakke van huise by die Club Marina-oord in Ifafa gered word toe 'n rivier sy walle oorstroom en die huise onder water gedompel het.

насос погружной дляЛобановский Харьков