6 jeugdiges is in Khutsong in hegtenis geneem

Ses jeugdiges is in hegtenis geneem na betogings teen ‘n uitspraak van die Grondwethof wat geweier het om die munisipaliteit weer by die Gautengprovinsie in te lyf, het die polisie vandag gesê.

Superintendent Louis Jacobs het gesê die ses mense, wat almal onder die ouderdom van 18 is, is gistermiddag in hegtenis geneem op klagtes van aanhitsing tot openbare geweld.

Daar was sporadiese voorvalle waartydens paaie met vullis versper is, motorbande aan die brand gesteek is en die polisie met klippe bestook is.

Die Grondwethof het Vrydag geweier om ‘n aansoek deur Khutsong-inwoners toe te staan wat ‘n regeringsbesluit ongedaan sou maak om hul oorgrensmunisipaliteit by die Noordwesprovinsie in te sluit.

Inwoners wou eerder deel van Gauteng wees wat gesien word as die ryker provinsie met ‘n beter diensleweringsrekord.

поильник купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae