Volgens die regeringsbeheerde Zimbabwe Herald sal Mbeki na die westelike stad Buluwayo vlieg om Mugabe te ontmoet. Mugabe is tans besig met sy verkiesingsveldtog in die gebied.
Daar was geen aanduiding dat Mbeki die opposisieleier Morgan Tsvangirai sou ontmoet nie. Vroeër vandeesmaand het Tsvangirai aan Mbeki geskryf om hom van bevoordeeldheid te beskuldig, al is Mbeki veronderstel om as streeksbemiddelaar vir SAOG op te tree ten einde die Zimbabwe-krisis op te los.

Thabo Mbeki, die Suid-Afrikaanse president, gaan vandag na Zimbabwe reis om sy Zimbabwiese ampsgenoot Robert Mugabe te ontmoet.