Volgens die makers van die program bevat Firefox 3 wel 15 000 verbeterings en is dit beskikbaar in vyftig tale, waaronder Afrikaans.
Die hoof van Mozilla, die vervaardigers van Firefox, sê dat hulle baie trots op die nuwe program is en dat dit aantoon wat 'n betrokke, energieke globale gemeenskap kan vermag wanneer hulle saamwerk.
Mozilla poog ook om die Guinness-wêreldrekord vir die grootste aantal afgelaaide programme binne 24 uur te verbeter, iets wat die bedieners nie kon hanteer nie. Maar intussen is die probleem opgelos en is die webblaaier beskikbaar by www.getfirefox.com.

Bedieners het gister in duie gestort toe miljoene mense van regoor die wêreld probeer het om die nuwe weergawe van die gratis webblaaier Firefox af te laai.